Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Mense snel konsertgangers te hulp toe ʼn bom by ʼn Ariana Grande-konsert in Manchester, Brittanje, ontplof het. Volgens berigte was ʼn selfmoordbomaanvaller die oorsaak van die ontploffing. Minstens 22 mense is dood in die aanval. (Foto: PA via AP)
President Donald Trump en presidentsvrou Melania Trump lê ʼn blommekrans by Yad Vashem, ʼn monument in Israel wat die lewens herdenk van miljoene Jode wat onder Nazi-beheer gesterf het. (Foto: Evan Vucci/AP)
’n Vuurwerkvertoning vind plaas tydens die afsluitingseremonie van die vierde Islamitiese Solidariteit-spele in Baku, Azerbaidjan. (Foto: Tofik Babayev/Xinhua)
ʼn Reënboog is sigbaar oor die Hukou-waterval van die Geelrivier in die Jixian-streek van China se Shanxi-provinsie. (Foto: Zhan Yan/Xinhua)
ʼn Dogtertjie spog met haar kreatiwiteit terwyl daar voorberei word vir die jaarlikse “Dragon Boat”-fees in Shijiazhuang, in China se Hebei-provinsie. (Foto: Wang Xiao/Xinhua)
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Nie “duisende Jode gesterf het” nie. Ses miljoene!
Dagsê Charles,
Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Janie nms. Maorela Medi