Die wêreld in foto’s – 25 April 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Groot betogings tussen die regering en opposisie vind tans plaas in Caracas, Venezuela. Sover het 15 mense hul lewens in dié betoging verloor. (Foto: Xinhua/Boris Vergara)

ʼn Suid-Koreaanse matroos hou die vegskip USS Wayne E. Meyer dop tydens ʼn oefenlopie saam met die VSA in Korea se westelike see. (Foto: South Korean Defense Ministry via AP)

Chinese leerders neem deel aan ʼn skaakkompetisie tydens ʼn kulturele fees by Laerskool Gedadian in Hefei, oos van China se Anhui-provinsie. (Foto: Xinhua/Zhang Duan)

ʼn Boer vervoer gras wat as voer gebruik word vir sy koeie in die Koh Thom-provinsie in Kambodja. (Foto: Heng Sinith, AP)

China spog met pragtige velde in die land se Weichang-streek in die Hebei-provinsie. Foto: Xinhua/Liu Mancang)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.