Die wêreld in foto’s – 26 Julie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Dhaka in Bangladesj het onlangs swaar neerslae gehad, wat paaie moeilik begaanbaar maak. Foto: Salim Reza, Xinhua

Mense ontspan vroeër dié week op ʼn strand in Lavandou, Frankryk, terwyl die rook van veldbrande in die lug hang. Brande woed al vir drie dae in die omgewing en 10 000 mense is reeds uit die gebied verwyder. Foto: Claude Paris, AP

ʼn Boer bewerk ʼn stuk grond buite Rome in Italië. Min reën en lekkende akwadukte plaas tans ʼn groot las op boere en die moontlikheid van waterrantsoenering is nie uitgesluit nie. Foto: Andrew Medichini, AP

ʼn Werker dut in ʼn stegie in Beijing in China. Heelwat van dié stegies in die Chinese hoofstad moes al swig voor ontwikkeling. Foto: Mark Shiefelbein, AP

ʼn Nepalese boer met ʼn bord vol eetgoed vir haar vriende wat aan’t werk is op ʼn lap grond in Khokana. Landbou is die hoofbron van inkomste vir die meeste mense in Nepal. Foto: Niranjan Shrestha, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.