Die wêreld in foto’s – 30 Augustus 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wire.africannewsagency.com

Polisiebeamptes van Kirgistan staan buite die Chinese ambassade in Bishkek nadat ʼn selfmoordbomaanvaller teen die hek vasgejaag het. Die aanvaller is oorlede en verskeie werknemers van die ambassade is beseer toe die bom ontplof het. Foto: Vladimir Voronin/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Tifoon Lionrock is sterk op pad na Ishinomaki, Miyagi, in die noorde van Japan. Hoë golwe en moontlike vloede bedreig dié gebied nadat daar nog herstel word van die tsunami in 2011. Die tifoon het reeds verkeer onderbreek en kragonderbrekings veroorsaak. Amptenare het inwoners gemaan om hul huise te ontruim. Foto: Jun Hirata/Kyodo News via AP/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Anti-Indiese betogers van Kashmir bestook Indiese polisiebeamptes met klippe tydens ʼn protesoptog in Srinagar – ʼn Indies beheerde gebied. Verskeie anti-Indiese protesoptogte het in dié gebied uitgebreek nadat amptenare ʼn aandklokreël afgeskaf het as deel van ʼn 52-dae-sekuriteitveldtog. Foto: Dar Yasin/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Die Kanadese premier, Justin Trudeau, en sy vrou, Sophie Gregoire, en hul dogter, Ella-Grace, kom aan in Beijing, China. Die premier se besoek aan China sluit ook ʼn gesprek met die Chinese president, Xi Jinping, en premier, Li Keqiang, in. Foto: Adrian Wyld/The Canadian Press via AP/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

ʼn Man in China se Jilin-provinsie ry op ʼn motorfiets in die reën. ʼn Waarskuwing vir stortreën in die noordooste van China is uitgereik nadat sterk windvlae en reën dié gebied getref het. Foto: Xinhua/Xu Chang (wyo)/ wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Yshokkiespelers van HC Sochi verdedig hul doellyn tydens ʼn wedstryd teen Medvescak Zagreb in Zagreb, Kroasië. Medvescak Zagreb het 3-2 gewen. Foto: Xinhua/Miso Lisanin)(wll)/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

ʼn Fabriekswerker skil ʼn kokosneut in Bangkok, Thailand. Foto: Xinhua/Rachen Sageamsak (zy)/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.