Een dood, sewe beseer in pretrit-fratsongeluk

Die Fire Ball-rit by die Ohio State Fair (Foto: Facebook)

ʼn Pretpark in Ohio in die VSA het vandeesweek al sy pretritte onbepaald vir ondersoeke gesluit nadat een man Woensdag dood is en sewe ander mense beseer is toe een van die ritte weens meganiese redes skeefgeloop het.

Volgens Fox News is minstens drie van die sewe beseerdes, tussen die ouderdomme van 13 en 41, in ʼn kritieke toestand in die hospitaal opgeneem.

Die mense is glo almal van die sogenaamde Fire Ball-rit by die Ohio State Fair-pretpark geslinger toe dié masjinerie van die rit onklaar geraak het.

ʼn Video van die voorval wat op sosiale media versprei is, wys hoe ʼn gedeelte van die harnas waarin die passasiers sit losbreek en met sommige passasiers na die grond tuimel terwyl ander deur die lug geslinger word.

John Kasich, Ohio se goewerneur, het die pretpark verbied om verdere ritte aan te bied totdat die ondersoek voltooi is.

“Dit is ongelooflik hartseer dat so iets moes gebeur het en dat ʼn lewe hierdeur geneem is. Ek sal seker maak dat die ondersoek deeglik gedoen word. Ons betuig ons medelye aan die slagoffers se familie en vriende,” het hy in ʼn verklaring gesê.

Volgens die pretpark is die masjinerie vir die ritte die afgelope ruk gereeld en betyds gediens.

Die oorsaak van die voorval is steeds nie bekend nie.

“Ons is tans besig met die ondersoek en sal die jongste inligting weldra aan die publiek bekend maak,” het die Ohio-pretpark in ʼn verklaring gesê.

Maroela Media plaas nié die video van die voorval nie omdat dit te sensitief van aard is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Genieve ·

Dis nou al die hoeveelste persoon wat by n pretrit sterf.

Paul ·

Hoeveelste is dit?
Het jy dit getel?
Of onthou jy slegs vaagweg een of ander nuusberig iewers uit die verlede?

Elke dag ry miljoene mense veilig op pretritte regoor die wêreld. Jy lees nie daarvan in die nuus nie.

Chris ·

Ek lees baie min van mense wat seerkry by die goed. Glo darem nie dit is regtig onveilig nie.

Hanelie ·

Ek klim nie op daai goed. My pa het altyd gesê hy weet te veel van daai tipe goed om sy lewe te waag. Eks seker maar ‘n bang broek maar nee dankie.

Seeleeu ·

@Paul, hoeveel mense veilig ry is ter sprake nie, daar boer hoeveel boere elke dag, en jy lees nie van dit nie? Die is die 3de geval in minder as 2maande.

Paul ·

En hoeveel mense besoek jaarliks pretparke, Seeleeu? Die antwoord, volgens die IAAPA, is 934 miljoen mense.
In die VSA het daar in 2015 altesaam 335 miljoen mense 1.6 miljard ritte by pretparke onderneem.
Jy moet die “3de geval in minder as 2 maande” in perspektief sien.

Carina ·

Ekt die video geshare op facebook en daars gese dat al 6 ini hospitaal orlede is. Die vrou wat in die er werk het gese almal is ini hospitaal dood so ek weni

ZeeBee ·

Die vrou in ER ? gisteraand op die nuus is gese een oorlede vyf ernsitg beseer. wie is in kontak met die vrou in ER in VSA. antw gaan seker wees die vrou in ER het op FB so gese. sjoe en mense glo dit?

Paul ·

“ER” staan vir “Emergency Room”, die ekwivalent van “Noodgevalle” by ‘n hospitaal in Suid-Afrika.
Dit gaan nie oor die TV-reeks genaamd “ER” nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.