[Foto’s] Fotograaf bewys dat liefde nie vergaan nie

Die egpaar. Foto: Irina Nedyalkova

ʼn Russiese fotograaf, Irina Nedyalkova, het pragtige foto’s van ʼn bejaarde egpaar geneem om te wys dat liefde nie langsamerhand vergaan nie.

Bored Panda berig enigiemand wat al die animasiefliek Up gekyk het, was waarskynlik ontroer deur die liefdesverhaal van die bejaarde paartjie, Carl en Ellie Fredricksen, maar in vandag se tye is daar min sulke liefdesverhale van volgehou verhoudings.

Nedyalkova het die lank getroude egpaar se foto’s op haar persoonlike Facebook-blad geplaas, waarna dit soos ʼn veldbrand versprei het met uiters positiewe reaksie.

Dié foto’s spreek boekdele…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Bertha Phillips ·

Pragtige 2 mense . En al sou hul minder mooi wees is die intensiteit pragtig!!!!

Mielie ·

Die fotos vertel n liefdesverhaal. Prag fotos. Kon net sowel bruilof fotos gewees het.

Mads ·

Dis die mooiste ou mense saam. Hulle is geseënd met “looks” en “ageing gracefully”.
Pragtige fotos

Respek ·

Deur genade het hul mooi gebly. En net opregte liefde kan die blos behou. Die liggaam en siel nog jonk . By the way hulle is beslis nie’oud’nie. Mooiste mooiste mense waar dit wat can binne gied is uitstraal.

MCH ·

Skemer
Die lig, rustig versag,
die dag, sonder oordonderende mag.
Die uurglas byna leeg,
jare moord, ongesiens gepleeg.

Die band sterker as ooit,
tog, ons weet, ewig, nooit!
Ongesproke gevoelsband,
vir dekades, ons pand.

Ons kroon van wit,
ons knieë van bid.
Diep, sagte poele van sien,
herleef jare selfloos gedien.

Herhinnerings bars granaatryp oop,
die pad, met soveel grasie beloop.
Tesame in die tyd van wag,
elk n seën, elke nuwe dag.

Tot in die grysheid wàak ek, jul Heer,
oor die band van liefde so teer…

MCH ·

Groot waardering. Spesiaal vir al die dames wat menswees betekenis gee.

Bertha Phillips ·

Pragtige gedig. Liefde wat gekoester word kan verseker vir altyd mooi en eg wees

weesWys ·

Ek salueer die man en vrou wat vandag nog waarlik aan mekaar getrou bly tot die dood. Heilig en lieflik…

Mia ·

Dis sulke waar woorde weesWys. Die wêreld om ons is so vol sonde en egbreuk is deesdae niks in die mensdom se oë nie. Dit is voorwaar prysenswaardig om nog sulke liefde wat uitstraal te kan sien by mense met ‘n hoë ouderdom. Hulle sal verseker nooit te oud wees vir liefde nie.

Gielie Hill ·

Baie mooi geskryf MCH. Ek omskryf gedigte om in bladmusiek op my fb blad. Music Free Sheet music -Afrikaans & English.

Uvonka ·

O die liefde, o die liefde is ‘n wonderlike ding!!!! Wow stunning pics!

Envy ·

Dis inspirerend om te sien! Hulle is pragtig en dis mooi om ‘n ouer dame te sien met haar lang natuurlike hare en kleur – wie se vir jou na 40 moet jy dit kort af sny? Kyk hoe pragtig lyk dit! Hulle is lieflik!

LindieLee ·

In 2013 was my ouers 61 jaar getroud alvorens my pa se afsterwe in November 2013 in die ouderdom van 83 jaar. Ek kan getuig dat hul huwelik vol liefde en deernis vir mekaar, vir ons 5 kinders ‘n GROOT inspirasie is.

Severine ·

Awesome, kan dit nie in woorde beskryf nie, maar hul fotos beskryf dit, “Hartroerend”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.