[Foto’s] Water wêreldwyd ʼn krisis

Foto: wire.africannewsagency.com

Altesaam 663 miljoen mense wêreldwyd het geen toegang tot skoon water nie. Volgens WaterAid, ʼn internasionale welsynsorganisasie, se verslag woon 522 miljoen van dié mense in landelike gebiede.

Volgens die waterverslag trek lande soos Papoea-Nieu-Guinee, Mosambiek en Madagaskar die swaarste. Statistieke wys daar is talle mense sonder skoon water in dié lande: 11,5 miljoen mense in Mosambiek, 10,2 miljoen mense in Madagaskar en 4,4 miljoen mense in Papoea-Nieu-Guinee.

Dié lande is ook deel van ʼn groep lande wat die ergste geraak word deur klimaatsverandering en wat die moeilikste daarby sal aanpas.

Die Wêreldwaterraad meen Afrika en Asië is die lande wat die grootste tekort het aan skoon water en dié raad moedig regerings aan om projekte op die been te bring om hierdie probleem aan te pak.

Elke jaar word Internasionale Waterdag op 22 Maart gevier om meer aandag op dié kommerwekkende saak te plaas.

Die Verenigde Nasies sê  600 miljoen kinders sal teen 2040 beperkte toegang tot skoon water hê, en het daarom ʼn program op die been gebring wat beoog om skoon water en beter sanitasie aan 10 miljard mense te verskaf.

Foto: wire.africannewsagency.com

Foto: wire.africannewsagency.com

Foto: wire.africannewsagency.com

Foto: wire.africannewsagency.com

Foto: wire.africannewsagency.com

Foto: wire.africannewsagency.com

Foto: wire.africannewsagency.com

Foto: wire.africannewsagency.com

Foto: wire.africannewsagency.com

Foto: wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

My bydra ·

Dit is vreeslik erg! Mens of dier kan nie sonder water lewe nie dit is n noodsaaklike behoefte. Tog is daar baie water in die see maar daar word gereken dit gaan te veel kos om dit te suiwer. N mens kan nie indink dat ons op n water planeet woon waar daar n water te kort kan wees nie. Dalk die infraktuur se skuld in die lande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.