Hartroerende foto van bejaarde egpaar wyd gedeel

Foto: Facebook

Foto: Facebook

ʼn Foto van ʼn bejaarde egpaar wat mekaar huilend groet omdat hulle ná 62 jaar van getroude lewe nie in dieselfde versorgingsoord kan woon nie, maak wyd opslae op sosiale media.

Die Kanadese egpaar, Wolf (83) en Anita (81) Gottschalk, se kleindogter, Ashley Bartyik, het Woensdag die foto op Facebook geplaas en dit is reeds meer as 10 000 keer gedeel. Hul storie is ook al deur verskeie internasionale mediahuise gedek.

Volgens Bartyik se inskrywing is die foto by ʼn oorgangsfasiliteit in Surrey, British Columbia, geneem waar bejaardes gehuisves word terwyl hulle wag om in versorgingsoorde geplaas te word. Bartyik het gesê Anita is reeds agt maande gelede in ʼn oord geplaas, maar haar oupa kan nie na dieselfde oord verskuif word nie weens “agterstande en vertragings” in die land se gesondheidstelsel.

Bartyik vertel in die inskrywing hoewel haar grootouers elke keer huil wanneer hulle mekaar sien, was Woensdag se ontmoeting nog hartseerder as gewoonlik omdat Wolf met limfoom-kanker gediagnoseer is. “Afgesien van hierdie diagnose wat sy lewenstyd nog meer beperk, word sy demensie elke dag erger, maar sy herinnering aan my ouma het nog geensins vervaag nie. Ons is bevrees hy sal haar binnekort nie meer kan onthou as hulle nie gou by mekaar kan bly nie. Dit veroorsaak druk op ons familie wat elke tweede dag 30 minute moet ry om haar na hom toe te vat sodat hy haar nie sal vergeet nie,” het sy geskryf.

Bartyik het gesê ondanks talle navrae aan die betrokke owerhede, kon die familie nog geen duidelikheid kry oor wanneer die egpaar herenig sal word nie. Intussen is ʼn aanlyn petisie begin waarin mense eis dat die egpaar se verblyfsituasie opgelos word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Kobie ·

Ou mense verdien nie hierdie wrede emosionele mishandeling nie. Dus n skande

Hannelie ·

Ek stem saam met jou Kobie. Dis mishandeling. Hoekom nie iemand anders na ‘n ander oord skuif wat alleen is? Maar nou moet ‘n egpaar geskei word omdat hul nie na dieselfde versorgingsoord kan gaan nie. Ek voel so hartseer vir hul part. Hoop iets kan intussen gedoen word.

Paul ·

Dis wat jy kry met gratis staatsgesondheidsorg. Mense hoor altyd net hoe lekker dit is as alles gratis is, maar die stories waar mense maande en jare lank moet wag vir eenvoudige goed (en hoë belasting betaal) word nie so dikwels gehoor nie.

As jy dink gesondheidsorg is duur, pasop vir hoe duur dit is wanneer dit gratis is!

Popeye ·

Sjoe dis erg! Iemand sal baie gou moet planmaak! Dit skreeu ten hemele!

Sunette Bridges ·

…en so sit die hele familie, kinders, kleinkinders en agterkleinkinders, die ontsettende hartseer en aanskou, maar nie EEN huishouding in hierdie 2 mense se uitgebreide familie sien kans om na hulle om te sien vir die tyd wat hulle oor het nie. Kla op Sosiale Media daaroor en wag vir die regering om ‘n plan te maak… Is vir my absoluut tragies!

Heinrich Hartman ·

Absoluut! ! Waar is die gesinskoësie of beskik Kanadese nie. Plaaslik het ons ook diesulkes wat oues so versaak

Leenke Heunis ·

Sunette Bridges kan nie so oningelig wees nie dus neem ek aan sy versorg vrywillig EEN rolstoelgebonde groot man met demensie minstens een dag lankbelke maand.Mense met demensie is so moeilik om tuis te versorg dat ek haar nou die eerste maal respekteer.

Joey Brits ·

Jy kan nie n familie kwalik neem wanneer hulle nie na hulle ouers kan omsien wanneer hulle sieklik is nie. Deur hulle elke 2de dag na mekaar te neem is reeds omsien genoeg. Dis uiters belangrik vir siek ou mense om op n plek te woon waar mediese hulp beskikbaar is. Met dit in ag geneem, my ma woon by ons, so ek is nie een wat nie omgee nie. Maar siek ou mense nodig profesionele versorging.

Ray ·

Jyt geen idee wat hulle omstandighede, finansiele toestand, verblyf toestand ens is. Actually al wat jy weet is is dat hulle nie bymekaar is nou nie, en dat hul klein dogter 30 minute ry om hulle bymekaar te bring. Dis blote afleidings verder. Afleidings maak dit nie die waarheid nie. Die tragiese gedeelte is jou oordeel en nie ‘n gebed vir die twee mense nie. Bring terug die fokus, liefde en meegevoel. Daai sal mos nou “number one” wees, of hoe?

BOLANDER ·

Sunette, ek stem 100% saam met jou. Hoe kan familie so wreed wees? As dit my ouers was sou ek hulle laaaaankal by my in geneem het. Nou gaan daar seker mense wees wat gaan sê maar almal is nie in die posisie om dit te doen nie!. Nonsens, my oorlede Moeder het altyd gesê, my kind ons maak ‘n plan!!

riana ·

Ja nee en hulle ouers het na hulle gekyk en groot gemaak die minste wat hulle kan doen is doen dieselfde terug.
Maar hulle vergeet hulle gaan ook oud word en voel hoe dit voel.

Annette ·

Sunette Bridges, ek neem aan jy ken die familie? Want hoe anders kan jy so lekker oordeel vel oor mense wie jy van geen kant af ken nie?

Wanda ·

Dis baie hartseer.Ek stem saam Sunette, hoekom kan die kinders hulle nie invat nie? Ek en my man help my ouers en sy pa bly by sy boetie. Hulle het ons groot gemaak en so baie vir ons opgeoffer. Dis nou my kans om daar te wees vir hulle. Ek hoop die oom en tannie kan spoedig by mekaar wees…dis hoe dit hoort

Margo ·

Dis n skande, dat die familie nie na die oumense kan omsien nie.
Hoekom die oumense nou laat suffer . shame

Sarel Strydom ·

Weet julle ouens wat,die spesifieke verhaal speel hom nie in SA af nie, alhoewel dit hier soms nog erger gaan. Verder kan julle nie klippe gooi na die familie nie want nie een weet wat die familie se omstandighede is nie Eish!!!

Jan ·

Dis baie sleg, hierdie ou mense se lewens val uitmekaar agv n gesondheidsbeleid in daardie land. Die kinders is dalk nie in n posisie om hulle te kan oppas nie. Hoop regtig hulle kan herenig word, op so n hoe ouderdom wil jy altyd net saam jou lewensmaat wees.

susan ·

Ek kan net op my kniee gaan en ons Vader in die hemel vra om spoedig vir die twee mensies n uitweg te gee. Asb JESUS.

Huibrie ·

Ek wonder net hoekom die Tannie nie haar plek vir iemand na haar gegee het nie..dan was sy in die oorgangshuis nog by die Oom..of lees ek verkeerd?

lynette ·

Hulle is agter verkeerd want die oom het demensie, hy sal die tannie nie vergeet nie, dis met Alzheimer’s dat mense so vetgeet, nie demensie nie. Steeds hartseer dat hulle geskei word na so n lang lewr saam.

Janneman ·

Hoe is dit dat daar geld & oop deure is vir onwettige immigrante wat die land instroom net om haat & moord te versprei, maar geen menslikheid vir die burgers (hier bejaardes) wat hul ganse lewe gewerk & konstruktief bygedrae het tot die welvaart van hul eie land????

Cilna Schultz ·

Dit is vreeslik hartseer dat n simpel beleid die oumensies se laaste dae so moeilik en hartseer maak… maar vir die wat die families SO erg onderkruisverhoor plaas: hou julle kritiek vir julleself aangesien julle nie weet wat die groter storie is nie. Dit geld dalk nie vir alle gevalle nie, maar om n besluit te neem om jou ouer/s in n instansie te laat bly, is beslis nie n maklike een nie… ek WEET, vra my… ons as familie staan tans voor so n besluit. My hart skeur in n miljoen stukkies en my verstand sê dis die beste uitweg met beste resultate vir die toekoms… wees versigtig wat julle kwyt raak, jou woorde maak dalk seerder as n tweesnydende swaard!

Sannie ·

Ek weet hoe jy voel Cilna Schultz. Ons moes ook daai besluit geneem het. Dit is onmoontlik vir ons wat wat nie die ondervinding het om na mense met Alzheimer of demensie te kyk. Dit is n 24/7 werk en sulke mens het spesiale sorg nodig. Dit is een van die moeilikste besluite om te maak in jou lewe! Sterkte maak nie saak wat jy gaan besluit nie daar is altyd n….wat as of se nou maar…of selfs n hoekom het ek nie maar so besluit nie. Net iemand wat al in daai bootjie was weet hoe dit voel.

Edwin Müller ·

Dis ‘n skande dat bejaardes so behandel word op hulle oudag. Ek sal my kop in skaamte laat sak as ek weet dit is my ouers, en ek doen niks daaromtrent nie.

Ray ·

Ek dink dis regverdig en goed dat ons kan vrae vra, soos waar is die kinders. Wat ek opmerk oor die Afrikaanse gesindheid teenoor dinge (waar daar op media gekommentaar kan word) is altyd kommentaar, vrae en aantuigings van suspisie, oordeel, afleidings… Die onvermoë en onbereidwilligheid om die groter prentjie te oorweeg. Onder my volk hoor ek daagliks van “ons geloof” maar ek sien bittermin voorbeeld. Vir my as ‘jong’ Afr man, moet ek se die kommentaar gelewer (meeste) hierbo is die voorbeeld. Maak my sad. Niemand noem gebed nie, wel ek meen, ons hoef nou nie die stelling te maak nie, maar, hier is wel ‘n totale afwesigheid van enige liefde, meegevoel of iets wat fokus om die beterwese van die ouerpaar. In ‘n manier seker geskryf, maar ek voel dit nie. Lees, kyk, luister en voel… Met jou hart… Dis ‘n pragtige tool wat aan ons gegee is. Met liefde en deernis geskryf x

Nicolette ·

Ja nee dis baie wreed…plaas die twee mensies saam..hulle verdien om gelukkig te wees hulle is al te oud om deur sulke trauma te gaan?

Johannes Meintjes ·

Verarming, veroudering en swak regering (of die gebek aan effektiewe selfbestuur) is baie slegte kombinasies, – ook vir ons eie verarmde en verouderde mense in SA.

Sannie ·

Ja KarinG jy is reg en dit is net mense met n gesinslid wat Alzheimer of demensia het wat kan saampraat oor hoekom familie nie na hulle kan kyk nie. Duidelik weet die wat so slim is nie wat behels die oppas van sulke mense nie. In ons almal se lewe gaan daar een of ander tyd so n persoon in jou huishouding wees. Pas jy wat so slim is hom/ haar dan op. Dan kan jul slimmes saampraat. Doen jouself die guns en gaan na n inrigting waar die mense versorg word. Word dan wys. Moenie lip kap as jy oningelig is nie. Ek haal my hoed af vir die mense wat Alzheimer en dimensie pasiente versorg. Dit n 24/7 werk!

Marina ·

Ek raak sommer kwaad vir mense wat so klippe gooi sonder om te weet wat is die ware toedrag van sake, gewoonlik is dit die wat self agter die deur staan. Vind eers uit wat is die ware toedrag van sake voor jy begin beskuldigings rondgooi. Dit is so bitter hartseer dat die twee oumense nie bymekaar kan wees nie. Ek hoop uit die diepte van my hart dat hulle gou bymekaar sal wees.

Estelle ·

Dink dit is siek van die ouetehuis om di oumense ni saam in te vat ni. Nie regverdig om die 2 mense vn mekaar te skei ni. Hule nt met geleende tyd nog op aarde en nou moet hule ongerief deurgaan agv die ouetehuis bestuur en personeel wat in my oë selfsugtig is.
Dan niemand kan die kinder oordeel nie as jy nie in hule voetspore is nie. Ons ken nie omstandighede sulke oumense ht 24uur hulp nodig met hule basiese sorg, dan wat nog van hule gesondheidsorg. En meeste vn vandag se mans en vrouens mt werk dan kan jy hule nie alleen los ni..
Hoop hule kry spoedig ‘n plekkie waar hule , hule laaste jare saam kan deubring.

Kiepie ·

En dit in die land van melk en heuning waar alles dan groter en beter is as hier in ons agterlike landjie en alles veronderstel is om te werk en almal so mooi versorg word met gratis medies en skole en waar ons land se mense dan so graag heen weg vlug van ons “Derde Wêreld omstandighede”. Ek is baie jammer vir hierdie egpaar maar ek hoop sommige kritisie van ons land se oë gaan oop.

Rina Kotze ·

En daar bars die seepbel oor Kanada ook!
Baie hou mos die land voor as een van dié beste lande om in te bly!

Baie dankie aan die kleindogter wat so besorg is oor haar grootouers en ek bid en vertrou hulle sal spoedig weer onder dieselfde dak kan wees!

Annette ·

Wow, jy klink sommer bly daaroor! Kanada het sy probleme soos ENIGE ander land, maar ek kan jou belowe dis nogsteeds beter en veiliger as SA….
Maak nou nie saak hoe opgewonde jy raak oor twee oumense se leed nie….

KarooKlong ·

Is dit alweer rapporteer dag as jy iemand probeer reghelp?
Let wel: ALZHEIMERS is ‘n vorm van DIMENTIA.

Theresa B ·

Dis is net so Popeye. Ek kan nie glo dat sulke dinge eers gebeur nie.

Theresa ·

Ondenkbare skande. Geen mense wat die moeite doen om in hierdie lewe 62 jaar getroud te bly, mag so deur mense geskei word nie!!!!! BId vir ‘n wonderwerk. Maar ja, daar is sekerlik baie familielede wat kan saamspan om ‘n wenplan uit te dink en nie hierdie vreeslike hartseer op hul af te dwing nie. Genade.

waarheid ·

Wel as mens nie genoeg geld of die regte mense in plekke ken nie dan is mens soms oorgelaat aan ander se genade dis soms ‘n hondse genade. Dis dan wanneer media oplossing bring. Glo so in dié geval.

Susan Benadie ·

Dis hartseer. Maar gaan probeer gerus om bekostigbare, saamwoon verblyf te kry vir n paartjie as een frailcare moet wees in SA! My ouers moes ook so bly vir n paar maande en toe was ons gelukkig om my pa in te kry. Die plek het intussen na my ma se dood nie meer plek vir frail care nie en toe my pa siek word was dit n nagmerrie!

Louwrens ·

Dit is n tragiese verhaal maar as jy so n bietjie humor by die verhaal wil inploeg kan jy se hy gaan een van die dae elke tweede dag die vrou van sy drome ontmoet…!

Kallie ·

Die Woord sê dat ‘n mens op jou oudag gelei sal word waar jy nie wil wees nie. Hierdie is ‘n ware voorbeeld daarvan, ek huil saam met die twee oues!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.