Joernalis vas ná artikel oor ‘Grace Mugabe se gebruikte broekies’

Die koerantplakkate: Foto via ANA

ʼn Joernalis is in hegtenis geneem nadat hy ʼn storie geskryf het oor Grace Mugabe, presidentsvrou van Zimbabwe, wat glo “gebruikte onderklere” aan party-ondersteuners geskenk het.

Die Zimbabwiese-joernalis, Kenneth Nyangani, is Maandag in hegtenis geneem nadat hy ʼn artikel vir die koerant News Day geskryf het waarin beweer word Mugabe het glo oor die naweek gebruikte onderklere en aandklere aan ondersteuners van die regerende Zanu PF in Mutare, sowat 250 km oos van Harare, geskenk.

Nyangani het in die berig vir Esau Mupfumi, ʼn sakeman en Zanu PF-lid, aangehaal wat glo gesê het die donasie wat hy aan ondersteuners van die party oorhandig het, kom van Mugabe af.

“Ek het onlangs die ampswoning besoek en die presidentsvrou ontmoet. Sy het die klere aan my gegee om aan julle te gee,” is Mupfumi aangehaal.

“Ek het broekies vir julle en ek is meegedeel dat die meeste van julle broekies nie in ʼn goeie toestand is nie. Kom haal asseblief jul skenking vandag. Ons het aanddrag, sandale en klere. Kom haal dit. Dit kom van jul presidentsvrou, Grace Mugabe.”

Die “skenking” het wenkbroue laat lig nadat daar berig is Mugabe en haar seun het onlangs miljoene dollar se luukse voertuie laat invoer, terwyl die meerderheid van Zimbabwiërs in armoede gedompel is.

Die organisasie Zimbabwe- prokureurs vir menseregte het Dinsdag gesê hulle het ʼn prokureur gestuur om Nyangani by te staan.

Dit was nie dadelik bekend waarvan Nyangani aangekla word nie.

Grace Mugabe tydens ‘n byeenkoms in September 2017. Foto: Via ANA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dalene de Vente ·

Dagsê Johan

Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media

Eish ·

Aanklag kan dalk wees dat hy die presidentspaar se vuil wasgoed ophang.
Genade tog, wat mag en geld nie aan n mens doen nie.

Victoria ·

Wie se gebruikte onderklere? Is dit Robert en Grace s’n? Ek hoor sy koop haar klere by Harrods, dit kan seker nie te “skimpy” wees nie!!!

Hanna ·

Toemaar, die volk sal tog net weer en weer vir ZanuPF stem. Geen twyfel daaraan nie. Die Mugabes wys basies die middelvinger vir die armes, hulle eie mense. Maar dit sal weereens net n t-hemp (of gebruikte onderklere) so paar dae voor die verkiesing vat om die volk mee te paai. Hopeloos!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.