Kleuter sommer oornag ʼn miljoenêr

Argieffoto (Foto: Skitterphoto, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Skitterphoto, Pixabay)

ʼn Driejarige seuntjie is Nieu-Seeland se jongste Bonus Bonds-pryswenner ooit nadat hy NZ$1 miljoen (byna R10 miljoen) in dié beleggingsloteryskema gewen het.

Die seuntjie se Bonus Bonds-rekening is oopgemaak toe hy gebore is met slegs NZ$250 (ongeveer R2 500), wat ʼn familielid aan hom geskenk het.

Die gesin het pas van vakansie af teruggekeer toe sy ouers die nuus gehoor het, berig die New Zealand Herald. “My man het in die lug met sy vuis gepomp toe hy op die telefoon was,” het die seuntjie se ma aan die koerant gesê.

Die kleuter se ouers het nog altyd geglo hy is spesiaal, omdat hy op Kersdag gebore is, aldus die berig.

Bonus Bonds is ʼn effektetrust met ʼn beloningskema gebaseer op kontantpryse elke maand aan persone wat op dié manier spaar. Die miljoen dollar is die grootste maandelikse prys.

Die oudste Bonus Bonds-miljoenwenner is 92 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Isabel

Maak dit vir jouself baie maklik om seker te maak jy mis nie iets nie:
• Besoek daagliks ons webwerf by http://maroelamedia.co.za/
• Teken in op ons daaglikse en weeklikse nuusbrief (http://maroelamedia.co.za/nuusbrief/)
• Klik “like” op ons Facebook-blad (https://www.facebook.com/MaroelaMedia)
• Volg ons op Twitter (https://twitter.com/maroelamedia)
• Laai ons app af indien jy ʼn iPhone of Android-slimfoon het (http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/die-lekkerste-gratis-nuus-app-is-hier/)
• Jy kan selfs op elke werksdag ʼn laatmiddag WhatsApp-boodskap ontvang om seker te maak jy het nie die belangrikste stories van die dag gemis nie: http://maroelamedia.co.za/whatsapp-nuusflitse/

Lekker, Maroela!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.