Londen-terreuraanval: Sewe vas

Polisiebeamptes op die toneel buite die Britse parlement in Londen (22 Maart 2017). Foto: Victoria Jones/PA via AP

Polisiebeamptes op die toneel buite die Britse parlement in Londen (22 Maart 2017). Foto: Victoria Jones/PA via AP

Scotland Yard se hoof van teen-terrorisme het Donderdag bevestig sewe mense is in hegtenis geneem in verband met die dodelike terreuraanval gister by die Britse parlement in Londen.

Mark Rowley het gesê die sewe verdagtes is in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn klopjag op ses persele in die sentrale gedeelte van Birmingham uitgevoer het.

Maroela Media het vroeër berig vyf mense is dood en minstens 40 ander beseer toe ʼn enkele aanvaller met ʼn motor in voetgangers op die Westminster-brug ingejaag het, voordat hy ʼn polisiebeampte binne die hekke van die parlement met ʼn mes doodgesteek het.

Die aanvaller is deur Britse polisiebeamptes doodgeskiet. Sewe van die beseerdes is in ʼn kritieke toestand.

Rowley het voorheen gesê die polisie het die identiteit van die aanvaller vasgestel, maar hy wou dit nog nie bekend maak nie. Hy het gesê Islamitiese ekstremisme word vermoed.

Lees alle vorige berigte oor die Londen-terreuraanval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johanna ·

Is Islamitiese ekstremiste die motief vir die aanval, of vermoedelik aanspreeklik? Maroela Media, maak net seker hiervan.

Sune van Heerden ·

Dagsê Johanna

Soos ons berig het, het Mark Rowley, Scotland Yard se hoof van teen-terrorisme, aangevoer Islamitiese ekstremisme word vermoed. Dit is egter nog nie bevestig nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Valerie ·

Maroela Media is die enigste plek wat die waagmoed het om Islam en die terroristiese aanvalle in Londen in een asem (of sin) te noem. Sommige Afrikaanse radiostasies en die meeste Engelse stasies en die liberale media kry onmiddelike asma aanvalle of stemband-armoede as die woorde “Islam” en “terroris” in een sin genoem word. So asof dit maar net stout kinders was/is wat kattekwaad aanvang, jy weet?
Soos vir die wat weet, dit is soveel makliker om ‘n slang uit jou huis te hou as wat dit is om die ding uit jou huis te kry want hulle kruip weg en jy weet nie waar nie!

Wel gedaan, Maroela Media, en dankie. Feite is uiters belangrik, of die lesers daarvan hou of nie, en of die politieke “ontleders” die aanvalle aan ander redes toeskryf of nie. ‘n Terroris is ‘n terroris, of hy/sy nou ‘n Moslem of ‘n Turk is; ‘n vlugteling of nie.

A ·

Ek sal graag wil weet of die polisie beampte wat die aanvaller geskiet het strafregtelik vervolg gaan word in Britanje? Mag hulle daar kriminele skiet?

Paul ·

Alle voorvalle van polisielede wat vuurwapens afvuur, word volledig ondersoek. Hierdie geval sal ook ondersoek word. In hierdie geval, indien hulle kan vasstel dat die persoon wat geskiet is, wel die aanvaller was (wat nie moeilik behoort te wees nie) sal die polisielid geen probleem hê uit ‘n regsoogpunt nie.

Die meeste polisielede in die Verenigde Koninkryk dra nie vuurwapens nie. Kyk bietjie op YouTube hoe effektief hulle aggressiewe mense benader en kalmeer eerder as om net te wil skop skiet en donder.

Boerseun ·

Nou waar is daai ou wat die week gese het migrasie is die oplossing vir die wereld se problem?

AL ·

Stem saam met jou. Nietemin elke land het sy dramas. Nêrens is jy veilig nie.

Ramkat ·

Engeland, kry vir julle.

Julle het.mos.die soort dinge in SA aangekondig en lekker gekry as dit.gebeur.het

Miskien neem IS IS ook Brittanje oor met tyd.

Pendoring ·

Die Britte het ‘n mooi spreekwoord vir dit wat nou by hulle gebeur:
“Their chickens have come home to roost.”

abel ·

Ja, die Britte sal hulle hele Ryk prysgee vir die immigrante en dan stank vir dank daarvoor kry. Hulle het nog nie hulle les geleer nie.

Alfred E Neuman ·

Die Britte en Europeers was baie naief om te verwag die adder aan eie boesem gekoester sal nie pik nie.

Hierdie liberales het soortgelyke terroristebedrywighede in SA aktief ondersteun en befonds maar verwag nou simpatie en implimenteer dieselfde anti-terreur taktieke wat SA gebruik het. Hoe jammer die verlies van lewens daar is, dink ek aan o.a. aan Kerkstraat en die blanke boere in Zimbabwe wat voor die voet vermoor is deur Mugabe omdat Tony Blair eenvoudig besluit het Engeland sal nie meer hul Lanchaster-huis ooreenkoms nakom om Zim te vergoed vir die blanke boere se plase nie. Dit benewens die feit dat die VK aktief hierdie terroriste aan bewind gebring het hier.

Blanke SA ly daagliks onder terrorisme verbloem as ANC-ondersteunde misdaad.

E.K. - ek sê net! ·

Nou wonder mense hoekom Donald Trump allerhande wetgewing wil deurvoer om nie somemr enigeen meer teo te laat in VSA nie. Hopelik verstaan die klomp wta hom so wil stenig na hierdie gebeurtenis.

E.K. - ek sê net!(alweer!) ·

Myself bietjie swakuitgedruk in laaste sin. Ek probeer weer: Hopelik verstaan mense wat Donald Trump oor sy besluite mbt tot buitelanders wat na VSA wil imigreer na hierdie tipe gebeurtenis hoekom hy sulke besluite wil neem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.