Mamba ontwrig watertoevoer in Zimbabwe

Argieffoto van 'n swartmamba (Foto: Manica Post)

Argieffoto van ‘n swartmamba (Foto: Manica Post)

ʼn Dodelike swartmamba verhinder tegnici wat werk by ʼn nuwe wateropgaartenk in Zimbabwe wil afhandel.

Ingenieurs en elektrisiëns probeer elektriese meters by die watertenks bo Mutare installeer, het die staatsbeheerde koerant Manica Post, Vrydag berig. “Ingenieurs het gesê ʼn swartmamba het hulle verlede week aangeval,” lui die berig. Die tegnici probeer die kragnetwerk by die watertenks opgradeer vir die nuwe elektriese meters.

Geen beserings is tot dusver aangemeld nie.

Die watertenks sal water aan die nuwe 10 miljoen liter groot opgaartenk verskaf vir meer as 5 000 gesinne in Chikanga.

Die opgaartenk moet van volgende week af die water verskaf indien die ingenieurs hul werk kan afhandel.

Die swartmamba is een van Zimbabwe se giftigste slange. Willard Manungo, ʼn beampte in die ministerie van finansies, het die tegnici gemaan om die slang te vang of natuurbewaarders te versoek om dit weg te jaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.