Miljardêr David Rockefeller oorlede

David Rockefeller (Mei 2007) Foto: AP Photo/Richard Drew, File

David Rockefeller (Mei 2007) Foto: AP Photo/Richard Drew, File

Die wêreld se oudste miljardêr, David Rockefeller, is in New York in die ouderdom van 101 oorlede.

Hy was die laaste oorlewende kleinseun van Standard Oil-stigter John D Rockefeller.

David Rockefeller het Maandag by sy huis in Pocantico Hills in New York gesterf, volgens ʼn verklaring wat die familiewoordvoerder, Fraser P Seitel, uitgereik het. Die oorsaak van sy dood is hartversaking.

Hy was die enigste van John D Rockefeller Jr se vyf seuns wat ʼn loopbaan in die bankwese gevolg het. Hy was die voorsitter en uitvoerende hoof van Chase Manhattan Bank. Hy het meer as 35 jaar as ʼn leier van die bank en sy voorganger gedien en het in 1980 afgetree ná 11 jaar aan die stuur van die bank.

Rockefeller het tydens sy loopbaan by die bank meer as 200 staatshoofde in byna 100 lande ontmoet. Hy het verskeie takke en ander fasiliteite in meer as 70 lande geopen, aldus die verklaring oor sy afsterwe.

Chase Manhattan het die eerste Amerikaanse bankkantoor in Moskou oopgemaak en was die eerste Amerikaanse bank wat na China teruggekeer het onder Rockefeller se leiding.

Michael Bloomberg, voormalige burgemeester van New York, het gesê hy het David Rockefeller se toewyding tot die stad New York bewonder. “Geen ander individu het soveel bygedra tot die handel en burgerlewe van die stad New York nie,” het hy in ʼn verklaring gesê.

Rockefeller het $225 miljoen aan die Rockefeller Brothers Fund geskenk, wat in 1940 begin is om maatskaplike verandering wêreldwyd te bevorder. Hy het ook $100 miljoen elk aan die Museum van Moderne Kuns in New York, Rockefeller-universiteit en sy alma mater, Harvard-universiteit, geskenk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Big daddy ·

Ja hy het hard probeer om sy nuwe wereld orde in werking te sien.

Boodskapper ·

Nou het sy ewige nagmerrie met smart en pyn begin.
Sy korrupte rykdomme gaan NOOIT sy siel kan loskoop nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.