‘Mugabe sal uit die graf regeer’

Robert en Grace Mugabe. Foto: GCIS

Robert en Grace Mugabe. Argieffoto: GCIS

Grace Mugabe, presidentsvrou van Zimbabwe, het gesê haar man, pres. Robert Mugabe, is onvervangbaar en sal voortgaan om die land te regeer, selfs uit sy graf.

Grace het Woensdag duisende Zanu PF-ondersteuners by die Robert Mugabe-plein in Harare toegespreek tydens ʼn optog ter ondersteuning van Mugabe se kandidaatskap vir die 2018 presidensiële verkiesing.

“Jy [Mugabe] is gekies en tersyde gestel omdat jy spesiaal is. Toe sanksies begin het, het ons moeilike tye in die gesig gestaar, maar danksy jou konsekwentheid en beginsels het mense geweet jy staan vir die waarheid asook vir Zimbabwiërs en Afrikane. As die vroueliga ondersteun ons jou vir 2018; ons soek jou as die lewenspresident, jy is onvervangbaar. Ons sal jou ons leier maak, selfs in jou graf in die heldeakker,” het sy gesê.

Sy het voorts gesê Mugabe is deur God gekies omdat hy ʼn lojale, beginselvaste leier is wat geliefd is onder mense van Zimbabwe en Afrika in geheel.

Grace het gesê die sukses van die optog is ʼn teken van eenheid onder die jeug van die Zanu-PF en hul gretigheid om van ʼn bevrydingsoorlogheld te leer.

Sy is wel bewus van die jeugdiges se griewe, maar die land se vordering word belemmer deur “die onwettige sanksies wat deur die land se teenstanders opgelê is”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Louw ·

Ja nee, hierdie onwettige sanksies….. struggle julle ook nog.

My opinie ·

Sy het haar eie agenda en maak nou alreeds voorbrand deur op die bygelowigheid van sommige mense staat te maak. Hopelik val die meerderheid nie vir hierdie nonsens nie. Sy is sélf ‘n diktator

Leeukop ·

Hy regeer alreeds vir lank uit die dodewereld, het sy land doodgemaak, en verteenwoordig dood en die hel al vir lank. Niks nuuts nie.

Leon van Rensburg ·

Sy god is beslis nie My GOD nie, skrik wakker suster en ruik die koffie!!

alida ·

Die vrou het gif gedrink. As ou Bob eers dood is het sy geen sê nie. Wie dink sy is sy?

neelsie ·

Hierdie boom dra giftige vrugte .
Sjoe! Watter antwoorde gaan hulle gee anderkant die graf?
Selfvoldaan en trots sal hy ook kan getuig
“EK, Nebukadneser vreet gras’
Wees gewaarsku!

John ·

Julle verstaan nie. Mev Mugabe is die enigste een wat sal kan hoor wat die ‘spook’ fluister en sy weet nou al klaar sy sal sy werk moet voortsit, want dit gaan sy eerste opdrag aan haar wees. ‘n Paar spooksieners sal dit bevestig. Ek sien haar al klaar op die troon en ek is nie eens naastenby ‘n siener nie.

André ·

Wat hou die “honorabel” mugabe nog aan die lewe. Salusa 95?

Bokram ·

Hy sal so waar uit die graf regeer,want hy gaan al dood wees dan gaan dit nog 100 jaar vat om weer Zimbabwe op sy voete te kry,sy nalatenskap is die dood op n pragtige land.

Hannelie ·

Ek moes nou lag!!! Die belaglikste wat ek in my lewe gehoor het….seker regeer uit graf met sy ancestors.

Irene Myburgh ·

Ons is op dieselfde pad met ons huidige leiers. Hulle noem hulle self die “untouchables”.

sien ·

Ek weet dit…sy afsterwe gaan grooter gevier word, as sy verjaar dag.

Theresa ·

Net weer ‘n bewys van die denkwyse. Ja wat, regeer maar uit die graf. Dit hou die vuisvoos onderdane nou regtig onder beheer – of hoe??! Daar’s nog sulke first ladies. Hul por aan en maak ander groot so na die hand om dan later jare amok te maak. Laat jul gedagtes gaan…

Hie hie vir die salusa 95!!!

Oom Kalahari ·

Sjoe tannie Grace, jy is mos die vrou wat onlangs ‘n blits graad binne vier (04) maande kon aflê om as opvolger te dien. Laat Oom Bob gaan rus, sy geeste sal nie kan regeer, maar loer oor die skouers ‘n goeie MDC kandidaat is op die horizon en Morgan Tsvangirai maak weer binnekort sy buiging om sy mense na vrede en stabiliteit te lei. Salusa 95 – Salusa 100 se raklewe is uitgedien en nie meer beskikbaar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.