Obama se Mandela-twiet nou gewildste

Obama se inskrywing op Twitter (Foto: Twitter)

ʼn Twiet van die voormalige Amerikaanse president Barack Obama waarin hy rassisme veroordeel deur middel van ʼn aanhaling van oudpres. Nelson Mandela, is nou die mees gewilde twiet op dié sosialemediaplatform.

Obama het hom op 13 Augustus tot Twitter gewend om hom uit te spreek teen die geweld wat tydens die Charlottesville-betoging uitgebreek het.

“Niemand word gebore om ʼn ander persoon te haat as gevolg van die kleur van hul vel, sy agtergrond of sy geloof nie,” lui sy inskrywing.

Meer as drie miljoen mense het dié inskrywing ge-“like” en sowat 1, 2 miljoen ander het dit hertwiet.

Dié woorde is eerste deur Nelson Mandela gesê in sy outobiografie Long Walk to Freedom.

Betogers, lede van republikeinse party, het die afgelope naweek opgeruk na Charlottesville om te betoog teen die verwydering van ʼn standbeeld van genl. Robert E. Lee – ʼn Amerikaanse bevelvoerder wat Noord Virginia se weermag in die Amerikaanse burgeroorlog in 1862 gelei het.

Dié groep betogers het hulle vasgeloop teen ʼn ander groep betogers wat teen dié einste groep betoog het. Die betogers is geteiken deur ʼn man wat met sy motor in die groepe ingery het. Die burgerregte-aktivis Heather Heyer is in die voorval oorlede en talle ander is beseer.

Ses uit tien van die gewildste twiets nóg op Twitter is dié van Obama. Die tweede gewildste twiet is die Amerikaanse sangeres Ariana Grande se inskrywing nadat talle dood en beseer is tydens haar konsert in Manchester vroeër vanjaar. Haar eenvoudige inskrywing het gelui: “Gebroke. Uit die diepte van my hart, ek is so jammer. Ek het nie woorde nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

BAREND ·

kom woon in suid afrika binne 24 uur sal jy jou opinie verander glo my

anton ·

Dit is die waarheid daai.
S.A maak besoekers se oë baie vinnig oop!!!

Vra maar net ·

Vir my gaan dit oor dit maak nie saak waar in die wereld jy bly nie jy het nie nodig om enige iemand te haat nie. En dit is waar wat hy en Mandela se Niemand word gebore om ʼn ander persoon te haat as gevolg van die kleur van hul vel, sy agtergrond of sy geloof nie, mense word geleer om mekaar te haat wat verkeerd is. Ons is almal God se skepping nie net wit of nie net swart nie maar almal vergewe 7×70 keer n dag.

Alfabeet ·

Niemand word ook gebore met geletterdheid of beskaafde maniere nie. Jy moet dit ook maar aanleer.

Ada ·

Jy is reg Barend, die man weet nie waarvan hy praat nie. Hy woon in ‘n veilige plek met sekuriteit en is totaal onbewus van wat in die werklike lewe aangaan, Probeer hy nou “fame” kry wonder ek?

Haan ·

Vir beide dié twee het ek bitter min respek. Praat kon hul. Doén kon hul nie.
Hulle mag dalk die wêreld flous, maar dié wat grysstof het sien deur hul leë woorde

Werner ·

Hierdie mens en merkel van Duitsland het groot skade aangerig.Hulle is mos beste maatjies.Hy probeer desperaat aandag kry deur Mandela se woorde en vir mandela had ek geen respek nie. Groot comrade gewees.

hannes marais ·

baie verblywend om te sien dat nasionalisme vlamvat in amerika…ek hoop afrikaner nasionalisme hier in suid afrika begin ook….

Lena Jonk ·

Ja Obama moet sommer ook n twiet stuur hoe hy Amerika vernietig het. Die man het ook nie veel tussen ore nie. Daar word in SA alles wat pragtig en mooi is verkondig maaralles behalwe die waarheid. Trump het niemand nie wit of swart veroordeel nie, hy het gese almal is skuldig. CNN het alles weer verander soos wat dit hulle pas omdat hulle vir Trump haat. Dank Vader vir daardie man anders was Amerika in die hande van verkeerde mense soos die geval in SA is.

Vermeende ·

Daar bestaan vandag n wanpersepsie oor haat.
Haat is presies die teenoorgestelde van liefde, ondersoek eers liefde dan sal jy verstaan wat haat is, ek as blanke haat geen ander ras nie maar ek nooi hulle nie in nie, ook gaan ek nie met hulle om nie, ek laat ook nie toe om myself deur hulle verlei te word nie, ek soek nie sy toenadering nie ook sit ek nie saam hom aan tafel nie.

Hoekom handel ek soos ek doen, want ek is deel van n liefdevolle volk wat die son oor almal wil sien skyn, maar ons wens vir ander is nie hulle wens vir ons nie.
Ek haat hulle nie al haat hulle my.

A ·

My beskeie mening is dat ons mekaar nie haat nie.

Wat ons wel haat, is die gedrag wat geopenbaar word deur sekere mense. En nee, dis nie reg om te veralgemeen nie, want anders word ek oor dieselfde kam geskeer as Daisy de Melker.

Ek dink ons moet begin om die gedrag van die mens te onderskei en die wat wel teen ons waardes en beginsels is uit te sluit, ongeag van kleur of geur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.