Papegaai sou ‘getuig’ in moordsaak

Martin and Glenna Durham
(Foto verskaf deur die familie)

ʼn Vrou is skuldig bevind op aanklag van moord nadat sy haar man voor sy papegaai doodgeskiet het.

Glenna Duram (49) van Michigan is Woensdag skuldig bevind dat sy die 46-jarige Martin Duram doodgeskiet het. Hy is in Mei 2015 vyf keer geskiet. Glenna het tydens die voorval ʼn kopwond opgedoen, en staatsaanklaers voer aan dit was ʼn selfmoordpoging, maar sy het dit oorleef.

Martin se eksvrou, Christina Keller, het gesê ná sy moord het die papegaai, Bud, herhaaldelik in Martin se stem bly sê: “Moenie [vloekwoord] skiet nie.” Keller het ná Martin se dood die African Grey-papegaai aangeneem.

Die staatsaanklaer wou Bud se uitlatings as bewyse gebruik het, maar dit is later van die hand gewys. Keller het ʼn opname gehad van die papegaai se twee minuut lange herhaling van die gesprek wat vermoedelik die dag plaasgevind het toe Martin vermoor is. “As mens Marty geken het, en Glenna ken, en weet wat hulle vir mekaar sou sê…. dan is dit ysingwekkend om daarna te luister,” het Keller gesê.

Bud vloek blykbaar gereeld, en het ʼn “woordeskat” van meer as 400 woorde.

Die polisie het aanvanklik gedink die Durams is deur dieselfde rower aangeval, maar die polisie het later bevestig dat Glenna van die moord op haar man verdink word.

Glenna word op 28 Augustus gevonnis.

Bron: Grand Rapids Patch, CBC Radio, Time

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Mike Kaapstad ·

Baie oulike pappegaai , los eerder jou gade as om tronk toe te gaan………

Christo ·

Ek verwonder my altyd oor hoe groot mens se selfbeeld moet wees om jouself die reg toe te eien om ‘n lewe van n ander mens te kan neem? En daar kom geregtigheid toe wragties uit n papegaai se snawel!!

hahaha ·

Gelukkig het SY papegaai oorleef om die storie te vertel! ??

Cherokee ·

Seker ook net Suid Afrikaners wat somtyds iets lagwekkends in moorde kan vind. (nie krities gesê nie want natuurlik is dit snaaks) Wat selfs snaakser is, is die vraag of hy dalk sy eerste vrou gelos het vir die tweede wat hom toe pot.

Johnny ·

Het die eksvrou en die papegaai die nuwe vrou ge”frame”……

Nakkie ·

Mense dis waar Ek het n afrikan grey met n baie groot woordeskat en glo my hy het my al baie in die verleentheid gebring

Cherokee ·

Ja, die Grey is natuurlik die minder mooi maar meer (of miskien mees) uitgesproke papegaaie. In teenstelling met wat (dankie tog, die minderheid van) papegaai-liefhebbers dink, weet hulle nooit regtig wat hulle sê nie maar maak net geluide na. Die African Grey is natuurlik een van die beter nabootsers. Ek wil nie wil nie wil nie een in my huis hê nie want my vrou is skerp en oplettend en dalk skinder die Grey.

Hoorsê ·

Jy het of n papegaai of n vrou. Beide gaan moeilikheid wees. Dit is n slegte einde aan n verhouding. Papegaai pet shop toe??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.