Pretpark-tragedie: Twee kinders oorleef wonderbaarlik

Kate Goodchild en haar agt maande oue babadogtertjie. Foto: Facebook

Kate Goodchild en haar agt maande oue babadogtertjie. Foto: Facebook

Die twee vroue wat Dinsdag op ʼn rit by die Dreamworld-pretpark in Queensland, Australië, dood is, se twee kinders was saam met hulle op die rit en het wonderbaarlik oorleef.

Die oorledenes is intussen geïdentifiseer as Kate Goodchild (32), haar broer Luke Dorsett (35), sy lewensmaat Roozi Araghi (38) en Cindy Low (42).

Brian Codd, Queensland se assistent polisiekommissaris, het gesê die vier oorledenes en twee kinders was op die Thunder River Rapids-rit en die rit was amper op ʼn einde toe twee van die tuie gebots het. “Een van die tuie het agteroorgeslaan en van die mense wat daarop was, is in die vervoerband vasgekeer.” Twee kinders, ʼn tienjarige seun en 12-jarige meisie, het wonderbaarlik oorleef.

Luke Dorsett. Foto: Facebook

Luke Dorsett. Foto: Facebook

Volgens berigte was Low die ma van die tienjarige seun en Goodchild die ma van die 12-jarige meisie. Goodchild se man en agt maande ou babadogtertjies was nie op die rit nie.

Codd het intussen gesê die polisie sal ondersoek instel na bewerings dat die rit vroeër die dag probleme gegee het sowel as die vorige instandhouding van die rit en ander prosedures.

Dreamworld sal intussen vir nog ʼn paar dae gesluit wees. “Ons is diep geskok en baie hartseer oor wat gebeur het. Ons harte gaan uit na die families en geliefdes van die oorledenes,” het Craig Davidson, uitvoerende hoof van Dreamworld, gesê.

Die Dreamworld-pretpark het in 1981 sy deure geopen. Die Rapid River Ride is in 1986 geopen. Sowat 1,8 miljoen mense besoek jaarliks die pretpark.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rita ·

Wat ‘n afgryslike manier om te sterf. My hart gaan uit na die Families.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.