Trump ondersoek glo ‘ekonomiese ontwikkeling van die ruimte’

Donald Trump

Pres. Donald Trump. Foto: AP Photo/Evan Vucci

Die Amerikaanse president, Donald Trump, en sy administrasie werk aan ʼn plan wat hulle die “grootskaalse ekonomiese ontwikkeling van die ruimte” noem.

Dié inligting het onlangs aan die lig gekom ná die organisasie Politico private dokumente bekendgemaak het.

Die Amerikaanse presidensie beplan glo talle maanlandings in die volgende drie jaar as deel van “kommersiële verkenning” van dié planeet.

Minstens twee voormalige Amerikaanse presidente, Ronald Reagan en George W Bush, tel onder die individue en maatskappye wat reeds ’n lappie grond op die maan aangeskaf het.

Die verkoper, Dennis Hope, het sy aanspraak op die maan 35 jaar gelede by die VN geregistreer en toe hy geen reaksie kry nie, dit as stilswyende goedkeuring geïnterpreteer en erwe begin verkoop. Na raming het hy al $10 miljoen op hierdie manier ingesamel.

Trump, ’n eiendomsmagnaat, se fokus op wie die maan besit is egter ʼn heel ander saak. Verskeie instansies het al aangedui dat hulle daarin belangstel om die maan en asteroïde te ontgin, en die bestaande ruimtereg is nie oor alle aspekte heeltemal duidelik nie.

In die geskiedenis was daar alle talle vreemde aansprake vir eienaarskap op die maan. In 2006 het Virgiliu Pop se boek Unreal Estate: The Men who Sold the Moon verskyn – as aanduiding dat daar gewis heelwat mense is wat graag hul hande wil lê op ʼn stukkie kosmiese eiendom.

Bron: New Atlas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Inge ·

Gee my krag….hoe kan Dennis Hope erwe verkoop op die maan en hoe kan mense so onnosel wees om daarvoor te val? Niemand besit die maan nie, die maan behoort aan almal. Dit is belaglik, regtig.

Apie ·

Gee die maan vir die grondeisers dan kan hulle hulle harte uitboer daar. Malema kan dan hulle president wees!!

Daleen ·

Ek dink hierdie is een van daai “alternatiewe feite” berigte. Ronald Reagan lê in elk geval as ses voet onder. Ek glo nie hy stel meer belang in sy “lappie grond op die maan” nie. My opimnie: STROOI.

Paul ·

Die berig koppel verskillende sake onnodig aan mekaar. Gaan lees eerder die oorspronklike berig op Politico vir ‘n meer volledige en gebalanseerde blik op die plan.

Joe Olivier ·

Jammer Trump. Die maan behoort aan die Afrika stamme. Hulle wag net dat julle dit ontwikkel dan sal hulle dit kom terug ” demand”

Vytjie Molefe ·

Die Aliens staan seker tou om in te book by die Trump hotelle….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.