Twee SA’ners vas oor homoseksualiteit

Argieffoto

Twee Suid-Afrikaners is in Dar es Salaam in Tanzanië in polisieaanhouding en word ondervra nadat hulle na bewering homoseksualiteit bevorder het.

AP het Donderdag berig die twee is deel van ʼn groep van 12 mans, insluitend ʼn man van Uganda en nege mans van Tanzanië, wat by ʼn hotel in die stad in hegtenis geneem is. Plaaslike polisiebeamptes is tans besig om bewyse te versamel om strafregtelike aanklagte teen die mans aanhangig te maak.

Homoseksualiteit is teen die wet in Tanzanië en is ʼn oortreding van ʼn wet uit die koloniale era wat seksdade “teen die orde van die natuur” verbied. Seks tussen mans is strafbaar met tronkstraf wat kan wissel van 30 jaar tot lewenslank.

Tanzaniese owerhede het verskeie maatreëls ingestel in ʼn poging om homoseksualiteit in die land uit te roei. In September 2016 het die regering tydelik sy MIV/vigs-uitreikprogramme wat homoseksuele mans bedien beëindig.

In Februarie is 40 private gesondheidsentrums wat vigs-behandeling verskaf toegemaak nadat hulle daarvan beskuldig is dat hulle dienste aan homoseksuele mense lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

koliniale konsep gladnie ·

Anti gay is hoegenaamd nie n koloniale konsep nie. Homoseksualiteit word deesdae baie sterk aangemoedig deur liberale westerse media en organisasies. Afrika kulture is daarteen.

Geskok ·

Regtig? Gaan ‘n regering aangemoedig word om mense te straf oor ‘n keuse wat heeltemal privaat is? Geen wonder ons land is waar hy is nie. Ek het nou nie ‘n geloof nie, maar ek sal bid vir julle mense.

snoefie ·

wat het die stand van sake in ons land te doen met tanzanië se zero tolerance vir homoseksualiteit?

Carel ·

Die hooggeregshof het vandag beslis dat dit ‘n kriminele oortreding is om jou kind te tugtig. Jy sal van aanranding aangekla word en dienooreenkomstig gestraf word. Dié regering meng ook in in private huishoudings.

Geskok ·

Regstelling, ek wil nie deel wees van ‘n geloof wat so maklik kan oordeel nie.

Janie ·

JA JA hoor .. ek het ‘n saak met ander mense se seksualiteit en in ‘n land soos SA wat alles aanvaar word en niks meer snaaks of onwettig is nie, gedy allerhande vreemde verskynsels. Smaak my in ander lande het julle nie dieselfde regte nie. Dalk moes julle bietjie opgelees het voordat julle soontoe gegaan het. Vreemd hoe apartheid nog voor almal se koppe gegooi word maar wette wat homoseksualiteit in ‘n ander land verbied (en ook mense se regte inperk) en hulle selfs straf daarvoor, geniet GEEN aandag nie!

JJQQ ·

Vir dié wat so maklik oordeel en verdoem in die naam van julle geloof: “Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste ‘n klip gooi”

Ouma ·

Amen JJQQ. Elke mens het sondes waaroor ander mense hulle ook sal veroordeel (as hulle uitvind). Laat die Here self oordeel die dag as Hy kom. Jý word nét geroep om God en mens liewer te hê. Nie om te oordeel nie.

nannie ·

Maklik om te sê”Laat die een van julle wat sonder sonde is, die eerste klip gooi” wat van Levitikus wat vir jou leer saam wie jy mag slaap en wie nie? Geen man saam n man / geen vrou saam n vrou? Is beide nie sonde nie?

JJQQ ·

As ons die bybel gebruik om mense te veroordeel en te verdoem dan mis ons die punt. Dalk is dit wat Jesus bedoel het toe hy sê hou op klippe gooi. Jy gaan mense net seermaak so en verder verdryf.

Verstom ·

Geskok as jy die Woord van God geken het, sou jy geweet het dat wat daarin staan oor homoseksuele. God se Woord is daar gestel vir almal wat die Wil van die Vader doen, wat nooit ooit sal verander nie. Gaan soek dit op in die hoofstuk Deuteronomium. Miskien as jy die Woord ondersoek sal jy baie meer wyshede raaklees.

Andries ·

Dankie dat jy jou geloof so uitdra . Die Here seen jou . Ek ondersteun jou siening een honderd present .

Geskok ·

Verstom: As iemand wat nie ‘n geloof volg nie, doen ek my bes om ander mense se keuses te respekteer. En toe ek nog die bybel gelees het as ‘n kind, het net een ding saak gemaak – God is liefde. Maar dan lees ek kommentaar van “christene” wat hulle VERBLY in ander mense se probleme. Hierdie mense raak letterlik opgewonde oor die straf wat vir iemand wag, oor ‘n keuse wat NIKS met hulle te doen het nie. Nou vra ek jou, waar in die bybel staan dit jy moet jouself verlekker in iemand anders se pyn? Waar staan dit dat jy dictatorship aanmoedig, en die verkeerde mense net meer krag gee?

Ek is a “straight” man (12 jaar baie gelukkig getroud met my vrou, en ons het drie pragtige kinders waarvoor ek elke dag dankie se), maar as iemand vandag ‘n wet in stel wat my van hulle moet weg hou, sal ek elke liewe dag daai wet oortree. Ek mag dalk nie die geheime van die lewe verstaan of ken nie, en ek respekteer jou opinie om volgens die bybel te lewe. Maar wat daai mense gese het (vir twee mense wie se name hulle nie eers ken nie), glo in a god wat ek nog nooit van gehoor het nie (tensy hulle Islam is natuurlik).

marous ·

Dis hulle land se wette . Verbreek dit en jy moet die gevolge dra. Het die mense gedink dat Tanzanie se regering hulle gaan verskoon ? Sal dieselfde mense wat gil oor menseregte dit in Bagdad gaan doen ?

Vlakvark ·

‘n Wan persepsie bestaan dat as mens ‘n persoon wys op sy foute dat jy hom oordeel. Dit is nie die geval nie, as jy vir ‘n persoon sê hy gaan hel toe is dit ‘n oordeel, maar as jy vir iemand sê dat die bybel sy gedrag veroordeel wys jy die persoon net op sy foute en hy moet dan daaraan werk. As jy op jou foute gewys is en jy gaan voort met die verkeerde dade dan sondig jy.

koos ·

Jy’t ‘n punt beet ja. Dis soos om te beweer as jy vir jou kind leer: Eet mooi, jy hom veroordeel – tog nie. Jy kan tog mense se gedrag afwys in liefde. Nie alles is haat soos wat baie mense ons probeer wysmaak nie. Interessant, wat baie mense nie weet nie, so het ons in die Oscar saak ook gesien, is dat sommige reken “Jy mag nie oordeel nie – die Bybel se tog so” – maar die woord in die oorspronklike taal kan OF OORDEEL OF VEROORDEEL (bedoelende VERDOEM) beteken. Ons mag eersgenoemde – naamlik: Haai, daai was nie mooi nie – maar ons mag nie die laasgenoemde nie – naamlik: Jy gaan brand in die hel vir wat jy gedoen het. Groot verskil. Ek wens mense wil dit raaksien.

Bets ·

As ek die kommentaar so lees kan ek verstaan dat ons land in hierdie toestand van chaos en geweld is. Die ondertoon van haat vir jou medemens word versteek in die rondslinger van teksverse. Volg julle almal steeds die voorskrifte van Levitikus streng na? Leef ons dan steeds in die Ou Testament? Hou op om julle haat vir ander met jul geloof te regverdig. Die God wat ek dien het almal lief.

Ditmaakmysommersiek ·

Dankie bets. Dis mense soos jy wat my laat deurdruk en geloof hou in Hom al is ek sonder keuse wie ek is. ?

UILQQQQ ·

Amen Bets en Ditmaakmysommersiek – Laat God oordeel – meeste het geraamtes in hulle kas, maar dit word toegesmeer. Ek is wat ek is van geboorte af en glo my Hemelse Vader ek my so gemaak. Ken hy my dan nie nog voor ek in my moeder se skoot was nie?

Christen ·

Bravo Johan, jy slaan die spyker op die kop. Mense maak van God soos húlle Hom wil hê in plaas van om Hom met eerbiedige vrees as soewerein te erken. Reg genoeg, ons is geeneen volmaak nie maar ons durf ook nie willekeurig sondig en dan verwag dat God dit net sommer moet oorsien nie…

E.K. ·

Asof MIV/ Vigs net deur homoseksuele versprei word. Ugh… daar is nie raad vir Afrika nie

Feite ·

Reg so! Wie gee hulle die reg om ‘n land se wette te breek? Dit gaan ook nie oor veroordeling vanuit ‘n Christelike oogpunt nie. Dis veroordeling van die daad wat indruis teen God se wil en hoe hy die mens gemaak het. As jy nie die sonde kan veroordeel nie kry dan vir jou ‘n ander geloof want die woord van God sal in der ewigheid nooit verander nie. Die punt is dat die Bybel dit veroordeel as so de maar dat die gays se agenda gedruk word om aanvaar te word asof hulle gebruik NIE sonde is nie. As ons so wil redeneer kan die pedogiel ook mos maar vedra word want hy kan ook nie help vir sy aangetrokkenheid tot kinders nie. Nee wat, wel gedaan Tanzanie hou ny jul beginsels. Die samelewing word al hoe sieker. “Die fwaasheid van die mens word die wysheid van die eeu…”

UILQQQQ ·

Hoe veel heteroseksueele mense is net so siek as dit by seks kom???????? Ek is gay sonder SEKS – gaan ek in die hemel kom? die wat oordeel??

Paulus ·

“Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God. ” (1 Kor. 6:10,11).

Elkeen wat volhard in hul sonde, en dit aanhou goedpraat en nie wil bekeer nie – heteroseksueel of homoseksueel – sal nie die koninkryk van God beerwe nie.

Ek het nog nie gehoor van moordenaars, rowers of egbrekers wat hul sonde goedpraat of sê dat God hul so gemaak het en daarom mag hul daarmee volhard nie.

Hoekom dink homoseksueles hulle hoef hul nie te bekeer van hulle sonde soos ons almal moet van ons sondes nie?

Soos v. 11 dit stel: “dit was sommige”, alleen bekering na Christus, belydenis van ons sondes, red ons van God se regverdige oordeel oor alle sonde, of dit nou egbreek of sodomie is in daad of gedagte.

koos ·

Heel waarskynlik. Jou kanse is groter as oom Koos wat skelm vir tannie Magriet met oom buurman se 20jarige dogter verkul. Jy’t niks om oor te stres nie – sonde is sonde, of jy nou brood steel, jou vrou verneuk, jou juffrou begeer, jou kind aanrand, jou baas besteel – as jy niemand skade doen nie, doen jy nie sonde nie. As jy iemand skade doen, doen jy sonde.

PJC ·

Ek dink dit is baie dom om willens en wetens ń land se wette so te oortree as jy weet hoe streng hulle is ongeag wat die oortreding.

JJQQ ·

Gaan kyk op die internet watse tipe dade het ontaard as een groep dink hulle is beter as ‘n ander groep omrede hulle oortuig is, hulle is reg en alomwetend, en hulle interpretasie van die Bybel is absoluut. Vroue is gebrand as hekse, ander nasies vermoor en vergas, oorloë, moord, martelling en en en…

Piet ·

. “Per slot van rekening is dit nie vir my om oor mense buite die gemeente te oordeel nie. God sal oor hulle oordeel. Maar julle moet oor julle eie mense oordeel: “Verwyder die slegte mens onder julle uit!””
‭‭1 KORINTIËRS‬ ‭5:12-13‬ ‭AFR83‬‬

Piet ·

“Per slot van rekening is dit nie vir my om oor mense buite die gemeente te oordeel nie. God sal oor hulle oordeel. Maar julle moet oor julle eie mense oordeel: “Verwyder die slegte mens onder julle uit!””
‭‭1 KORINTIËRS‬ ‭5:12-13‬ ‭AFR83‬‬

Haan ·

Mat 18:15 “) “As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen.
(16) Maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat alles wat gesê word, deur die woord van twee of drie getuies bevestig kan word.
(17) En as hy na hulle nie luister nie, sê dit vir die gemeente. As hy ook na die gemeente nie luister nie, moet jy hom as ‘n heiden en ‘n tollenaar behandel.”

Die kern-vraag is of diegene wat hulself in Tzn skuldig gemaak het aan sodomie enigsins behoort aan n Christen gemeenskap? Indien dit wel die geval is moet daardie gemeenskap hulle volgens bogenoemde teksvers hanteer. Indien níe, moet ons as gelowiges hulle (as ongelowiges) nie “Djudge nie” (soos wat talle kommentare hierbo sê)

JJQQ ·

Paulus, as jy so wil redeneer…. hier is vir jou ‘n versie

Deuteronomy 22:11 Jy mag geen materiaal wat gemeng is met wol en linne aantrek nie.

Paulus ·

JJQQ, dankie vir Deut. 22:11, die Here het vir Israel tydelik hierdie pragtige wysheid gegee om daardeur die onderskeid tussen heilig en onheilig, rein en onrein, ens te leer. En die onderliggende beginsel is ook van toepassing op geslagte wat nie vermeng moet word teen die Here se skeppingswil nie: die Here het man en vrou geskape vir mekaar, nie man vir man, vrou vir vrou nie.

Maar ongeag alles wat Deut. 22:11 nog kan beteken vir vandag, sonder dat ons dit hoef te doen, verander dit nog nie 1 Kor. 6:9-11 se ewigdurende betekenis nie, so ook nie Rom. 1:26-27 in die Nuwe Testament nie, wat vir alle tye, plekke en mense vasstaan:

“Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. ”

Christus maak ons waarlik vry om weer man en vrou te wees soos Hy bepaal het: dit WAS sommige van julle…

Jenny Thom ·

Whoa, wonderlik as ‘n land staan by sy wette, wat deur ABBA Vader persoonlik ingestel is. Die Woord sê duidelik dat homoseksualiteit ‘n gruwel in Sy oë is, en as jy dit nie mooi verstaan nie, dan spel die Woord dit baie duidelik en reguit uit: “Ek het nie ‘n man vir ‘n man gemaak nie, en ook nie ‘n vrou vir ‘ n vrou nie”. Dit is en bly teen my Majesteit YHWH se orde en natuurwette. Die spesifieke rede hoekom Sodom en Gomorra totaal en al tot as uitgebrand en verwoes is. HalleluYaH my ABBA Vader leef en is onvoorwaardelik in beheer. Moenie kom met stories by Hom nie. Sy kosbare Woord staan VAS! Hy weet presies hoe kosbaar Hy jou in jou moederskoot geweef het, sonder hierdie ontsettende sonde. Hy het baie groter en wonderlike dinge vir jou in Sy gedagte!! Hy sou jou nie met die verskriklike “sonde” in jou wese geskape het, as dit juis vir Hom so ‘n gruwel is nie!! Dit is ‘n leuen van satan reg uit die hel om te sê: ” Ek is maar so gebore”.

JJQQ ·

Dankie Paulus, ek weet nognie wanneer ek die teks in konteks kan lees en wanneer nie en wanneer my interpretasie die absolute waarheid is nie. Hopelik sal god my oe oopmaak voor ek doodgaan dat ek nie hel toe gaan nie. Ek hoop ek is ook eendag so seker van my eie siening dat ek vir ander kan wys hoe hulle sondig.

Paulus ·

JJQQ, die Here gee die belofte aan alle mense, ongeag erg ons sondes en worstelinge was of is, dat die wat Hom werklik soek rus en vrede kan kry (Matt. 11:28-30). En as ons Hom vind, dan vind ons ook sy Waarheid wat ons waarlik vry maak vir hierdie en die ewige lewe:

“En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak. … As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.”

En as ons die Bron van die waarheid leer ken, Jesus self, sal ons al meer die waarheid self leer ken, die Bybel, wat ons leer wat reg en verkeerd is, en hoe om in liefde tot Hom en ons naaste te lewe, wat ook verhoudings behels tussen man en vrou, ens.

Baie sterkte, sal vir jou bid dat die Here jou verlig deur sy Gees en Woord. Ons het almal sy redding en genade nodig, maar dan moet ons erken dat ons sondaars is wat redding nodig het, watter sonde dit ookal mag wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.