Vernederende Brexit-nederlaag vir May

Theresa May, die Britse premier, verlaat 10 Downing Street om ʼn verklaring in die Laerhuis in Londen te lewer (14 Januarie 2019). Foto: Xinhua/Tim Ireland

Theresa May, die Britse premier, word weer eens deur ʼn mosie van wantroue in die gesig gestaar nadat parlementslede Dinsdag teen haar Brexit-ooreenkoms gestem het.

Die voorgestelde plan is met ʼn meerderheid van 432 teenoor 202 stemme verwerp. Dit was ʼn verbysterende nederlaag vir May en het daartoe gelei dat Jeremy Corbyn, die opposisieleier, ʼn mosie van wantroue in May ingestel het.

Daar sal Woensdagaand (plaaslike tyd) oor dié mosie gedebatteer en gestem word.

BBC berig May het nadat daar teen die Brexit-plan gestem is gesê sy sal volgende week na die laerhuis terugkeer met ʼn alternatiewe Brexit-plan – mits sy vanaand die mosie van wantroue oorleef.

“Hierdie huis het gepraat en die regering sal luister,” het May Dinsdag gesê. Sy het aangebied dat tussenparty-gesprekke gehou kan word om die pad vorentoe te bepaal.

Reuters berig May het bygevoeg die stemuitslag is aanduiding daarvan dat die laerhuis nie die Brexit-ooreenkoms ondersteun nie, maar dat dit geen aanduiding gee van wat presies hulle wel steun nie.

“Vanaand se stemmery sê niks oor hoe die laerhuis beplan om gehoor te gee aan die besluit wat die mense van Brittanje geneem het tydens die referendum wat die parlement gekies het om te hou, of selfs of hierdie huis beplan om dit steeds te doen nie,” het sy gesê.

Met tyd aan die uitloop tot 29 Maart, die datum waarop Brittanje veronderstel is om die Europese Unie te verlaat, is die Verenigde Koninkryk nou in ʼn diep politieke krisis gedompel waarin hy moet besluit hoe, en selfs of hy gaan voortgaan, om die EU te verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Robert ·

Dis lekker in die “comfort zone” van die EU. Dis hoekom baie mense dit nie steun nie. Die EU is in groot moeilikheid ongeag Brexit. Die Britte moes lankal gee pad het. Angela Merkel het die EU groot skade berokken.

jaco ·

Eers stem die meerderheid van die Britse kiesers VIR Brexit, en sedertdien baklei almal daaroor. Iets maak nie sin nie.
Dis maar dieselfde as ‘n gewelddadige protesoptog teen ‘n ANC-munisipaliteit se swak dienslewering, maar volgende verkiesing stem almal maar weer ANC.

Jan ·

Arme vrou word gekruisig vir dit wat die landsburgers voor gestem het. Haar voorganger het summier bedank en nou word sy uitgemaak as onbevoeg. Lyk my die hele parlement is onbevoeg. Ten minste probeer sy die saak beredder.

Daan Erasmus ·

INGELIGTE waarnemers sê dat 70% van Britte wat ingelig is en weet waaroor Brexit gaan steun dit om in die EU te bly. Die week na die vorige referendum was die mees gegoogelde ding: What is Brexit? Die Britte het nie ‘n idee gehad waarvoor hul gestem het nie.
Netso in Suid Afrika het die gemiddelde kieser nie ‘n idee waarvoor hy stem nie.

Robert ·

Daan: die meeste mense weet waarvoor hulle stem maar het nie idee hoekom hulle daarvoor stem nie

Josef Jansen ·

‘n Britse joernalis het lank gelede geskryf:
“The Conservatives have a chronic tendency to form themselves into circular firing squads. “ (Martin Bell – Through Gates of Fire.)
Lyk of dit ook tans geld.

Chris ·

Maar tog blyk dit hulle haar as Eerste Minister gaan behou. Nou behou jy iemand wat nie glo in die beleid wat sy nou moet volg nie?

Thinus Erasmus ·

Die Britse regering het ‘n deel van hul sowereiniteit weggegee sonder referendum, nou begin die komplikasies want gewone mense moet belasting betaal vir die hele Europa se moeilikheid.
Ironies dat juis die Britte nou so verdeelt is en veg vir hul soewereiniteit, hoop hul begin nou besef watse gemors het hul aan die die Suidpunt van Afrika aangevang.

Thinus ·

Maak nie saak of hulle in of uit BREXIT, gaan nie, die Rothchilds wat die Europese Unie beheer, is besig om te tuimel! Die Rothchilds besit 167 Reserwebanke, terwyl die Wêreldbank deur Amerika en die Rockefellers beheer word! Beide groeperinge moet hulle Ekonomieë red! Raai wie is midde die gemors, Suid-Afrika met n onwettige Europese wapenskandaal wat finansier is deur die Wêreldbank, en die ANC wat deur die Rothchilds gesteun word en die DA wat deur die Rockefellers gesteun word kan ongelukkig nie een vinnig genoeg “grond onteiening” bewerkstellig nie! Pres Donald Trump weet hy kan nie sy ekonomie red nie en lê nou die mislukking voor die deur van die Federalele Bank! Wat gaan die effek wees as Suid-Afrika n eis van vyfkeer die gratifikasie plus die koste van die wapenskandaal, individueel en gesamentlik van die onderskeie betrokkenes en Wêreld Bank eis? Siener van Rensburg praat van hulp uit Duitsland, dankie vir julle Duikbote, en die uitklim klousule Art 33 van die Grondwet, se Wetgewing in gevolge Wet 3 van 2000 wet op Bevordering van Administratiewe Geregtigheid! Wie laaste lag, lag die lekkerste!

Anoniem ·

Ongelukkig is die duur Duitse duikbote alreeds moertoe, want ons “bemanning” is nie opgelei om dit te kan gebruik nie. Dit gaan etlike miljoene kos om die ongebruikte duikbote weer diensbaar te kry.

tamboti ·

Daan dit mag so wees, maar die EU was vrywillige organisasie, so as jy wil ontrek moet dit ook mos “vrywillig” kan geskied.
Hele bakleiery gaan net oor geld, as Britte nie meer in die EU is nie, gaan lg. baie swaar trek. (Nie konserwatief of liberaal nie)
Wat was die situasie voor die EU – daar was reeds handels en samewerkings ooreenkomste, dit kan mos weer so wees.

tamboti ·

Daan dit mag so wees, maar die EU was vrywillige organisasie, so as jy wil ontrek moet dit ook mos “vrywillig” kan geskied.
Hele bakleiery gaan net oor geld, as Britte nie meer in die EU is nie, gaan lg. baie swaar trek. (Nie konserwatief of liberaal nie)
Wat was die situasie voor die EU – daar was reeds handels en samewerkings ooreenkomste, dit kan mos weer so wees.

waarheid1 ·

Thinus – jy is 100% met die Rothchilds en andere.
Dankie dat jy so mooi uiteengesit het.

Blaarman ·

May is ‘n swak leier wat CR se planne vir onteiening sonder vergoeding ondersteun.

Dit is onder haar waak wat die aktivis Tommie Robinson toegesluit en wederregtelik in gevangene gehou was toe hy besig was om ‘n dokumentêr oor onwettige moslem immigrante en misdaad te verfilm in ‘n publieke area.

Verder was sy ook teen Brexit gekant voor sy as eerste minister verkies was.

May was die verkeerde persoon om Brexit deur te voer.

Hannes De Beer ·

Ai Maroela, sy word nie deur ‘n mosie in die gesig gestaar nie, die goed kan nie staar nie!!!

Sy staar wel een in die gesig.

Asseblief, dis so ‘n algemene glipsie onder verslagewers, klinkof julle saamsweer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.