[Video] Man gevonnis vir ‘domste toertjie ooit’

‘n Skermskoot uit die video

Dit was moontlik een van die waaghalsigste advertensieveldtogte nóg: ʼn Man van die Kanadese deelstaat Alberta het $10,000 se heliumballonne aan ʼn stoel vasgemaak, ʼn advertensiebord aan die stoel gehang en toe hoog in die lug opgestyg – sowat 4km hoog.

Teorieties was dit ʼn uitstekende plan – duisende mense sou die naam van sy skoonmaak-maatskappy hoog in die lug sien sweef en moontlik ook in hul honderde na die maatskappy stroom, maar toe die weer sowat 4km in die lug minder goed was, moes hy ʼn noodlanding doen in ʼn land.

Daniel Bora is verlede week met $25,000 beboet vir dié toertjie, wat reeds einde 2015 gebeur het. Regter Bruce Fraser het dit as die “domste toertjie ooit” bestempel.

Fraser het gesê Bora se tuinstoel het tot in die bane van vliegtuie opgestyg nadat hy vir langer as ʼn uur in die lug was. $5,000 van die boetegeld gaan na die staat se koffers, terwyl $20,000 aan ʼn liefdadigheidsorganisasie van sy keuse geskenk moet word.

Die polisie het hom deurentyd gemonitor en kort ná sy noodlanding in hegtenis geneem. Volgens sy verklaring in die hof het hy selfs ʼn vliegtuig van die lugredery WestJetFlight onder hom sien opstyg.

Bora het Vrydag onvoorwaardelik om verskoning gevra die toertjie en die gevaar wat dit vir talle ander mense ingehou het.

Hy het egter volgehou hy is nie spyt daaroor nie.

Bron: Fox6

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cherokee ·

Hoe kan jy verskoning vra en opvolg deur te sê dat jy nie spyt is nie?
Dit is iets om oor te glimlag maar ek betwyfel die 4km hoogte. 4000m? In vlieg taal ± 14000 vt? Buitendien kan geen advertensiebord op daardie hoogte gelees word nie. Behalwe daarvoor dat ek dink die hoogte word oordryf bly dit snaaks en ‘n glimlag werd.

chris.l ·

graag wil ek net weet nie aleen word my kommentaar geblok nie maar ook om die videos te kan kyk
sal n antwoord waardeer

Jaco ·

Wat n vrolike misdaad! Baie kreatief! En kyk net hoe wend Kananda se regering die boetegeld aan. n Hele $20 000 daarvan aan n liefdadigheidsorganisasie van sy keuse! Ek kan verstaan hoekom daardie land so vooruitsrewend en hul mense so gelukkig is!! :-)

Vaalseun ·

‘n Tuinstoel? Minstens ‘n Lazi-boy vir my. ‘n Man wil darem mos 1ste klas vlieg met so ‘n poging!

Louis ·

Alberta is ‘n provinsie van Kanada,nie ‘n deelstaat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.