[Video] Rugbyspeler dalk verban ná hy skeidsregter pot

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn Franse junior rugbyliga-speler wat vandeesweek in ʼn wedstryd tussen die Saint-Esteve- en Toulouse-spanne ʼn skeidsregter bewusteloos geslaan het omdat dié vir hom ʼn geelkaart gegee het, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.

Volgens Mirror en WalesOnline gaan dié speler, wie se naam nie bekendgemaak mag word nie, binnekort voor die Franse nasionale dissiplinêre kommissie verskyn. Hy is glo al voorheen uit wedstryde geskors as gevolg van woede-uitbarstings.

Die skeidsregter, intussen geïdentifiseer as Benjamin Casty, het glo ná talle waarskuwings aan die speler vir hom ʼn geelkaart gegee omdat hy nie by die reëls van die spel hou nie.

Die Saint-Esteve-rugbyspeler het egter sy humeur verloor en hom ʼn vuishou gegee, waarna Casty op die grond neergeval het. Ander rugbyspelers het hom probeer keer, maar hy het hulle ook bygedam, en die wedstryd moes beëindig word.

Volgens berigte was Casty bewusteloos en is hy na ’n hospitaal gehaas met wangbeen- en kaakbeserings.

Die president van die Franse Rugbyliga-federasie, Marc Palanques, het dié optrede veroordeel en gesê hy hoop die nasionale dissiplinêre kommissie “sal onwrikbaar” wees en die speler lewenslank van rugby verban.

“Hy is al voorheen ook geskors, en kan bloot nie sy humeur beteuel nie. Dit is onaanvaarbaar en ek hoop die kommissie maak die regte besluit.”

Intussen het die president van die Saint-Esteve-klub, Christian Cozza, ook aangekondig dat hy as gevolg van dié gebeure sy bedanking gaan inhandig.

Die rugbyspeler sal volgens berigte Woensdag verhoor word.

Bron: Mirror

Hoe om jou rugby loopbaan af te sluit

Posted by Riaan Doepies Du Plessis on Thursday, April 27, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Brandwag ·

Die skeidsregters is ook nie altyd reg nie, daar was weer gister die geval met Valke Skeidsregters wat met die Pukreeks baie swak geblaas het, dieselfde met die Luiperd Skeidregters in Lichtenburg omgewing, jy kan nerens gaan kla nie,word ondersoek en jy hoor niks.Wat kom n skeidsregter oor wat soos sy @ blaas. Dit is kinders of n span wat te nagekom is.

Francois ·

Regtig Brandwag….klink of jy dit goedkeur dat die speler die skeidsregter aangerand het. Ek weet nie hoe jou oordeel is nie maar in my boek is dit hoegenaamd nie aanvaarbaar nie, ongeag van die skeidsregter se bevoegdheid. Daar is geen plek vir soiets op die veld nie en daar is kanale wat gevolg kan word om ‘n skeidsregter te verkla.

schalk ·

Brandwag??? Mmmm

Is dit dieselfde skool waar Andre Watson se seun gespeel het in 2002? Ek weet van n skool span wat daardie jaar die direkteurs beker moes wen, maar is agv n skeidsregter se beslissing is die wedstryd skielik deur n strafskop gewen!
Ek dink party skeidsregters het dit nodig! Spelers oefen ure nee dae….om deur n oneerlike persoon benadeel te word!!! Party skeidsregter dink as hul n fluitjie het hulle REGEER!!! Ekt simpatie met daardie seun, al ken ek nie die storie nie.

Boerseun ·

Schalk, dalk moet hulle alle skeidsregters verban. Hulle sit elke dag en dink hoe hulle n sekere skool of span gaan benadeel. Regtig?

Nico K ·

Jy kan hom nog steeds nie gaan slaan nie. Daardie ou behoort krimineel aangekla te word vir aanranding.

Heerlik ·

Regte klomp lekker pieties wat nou rondloop, staan bond my vrind

Renette ·

My kind het laas week in n game gespeel waar die skeidsregter die spelers se ma’s beledig het, seksuele konnotasies. In so geval wat doen jy?

Pieter Ellis ·

Jy sê maar vir die ref dat sy ma net so lekker ding is.

Op n meer ernstige noot, ignoreer die belediging en gaan verkla die vark by die betrokke rugbyunie.

Dirk ·

Ek wonder of mnr Zuma nie dalk ‘n wedstryd wil skeidsregter wees nie…

humor ·

Is n president nie eintlik veronderstel om die rol van n skeidsregter te vervul nie en dit in belang van almal in die land, en hy kom steeds niks oor nie.

Wessie ·

Ek dink hierdie outjie is in die verkeerde sport…hy moes ‘n bokser geword het.

Speedguard ·

Hy kan nie, hy is ‘n lafaard, enige ou kan iemand uitslaan as jy die ou met ‘n steelhou vang, hulle sal die ou dood slaan in die kryt want hy is slapgat !

Straf ·

Lewenslank? My oupa het gesê ‘vir ewig’ is meer aanvaarbaar!!

Mike de Beer ·

Aanranding met die doel om ernstig te beseer is nog altyd ‘n kriminele oortreding. Selfs op die rugbyveld. Oud Springbokstut Flippie van der Merwe het duur les geleer in die vroee tagtiger jare.

Bokser ·

Ek weet dit was verkeerd maar o wee wat n pot hou! Moet n bokser word.

Erik Pretorius ·

Dalk verban?? DALK??? Herskryf asb Titel Maroela Media. Daar is geen dalk nie. So ‘n speler behoort baie ver gejaag te word. AL WAS DIE REF VERKEERD.

Anoniem ·

Hierdie rugyspeler moet permanent uit rugby verban word. Daar is nie plek op die rugbyveld vir sulke spelers nie.

Speedguard ·

“DALK” hy is ‘n boef en hoort hy in die tronk waar sy soort hom bietjie kan wikkel !!!

Lol ·

Stormers ondersteuners op Jaco Peyper losgelaat kan dieselfde reaksie ontlont.

Boerseun ·

Dan moet julle die refs sien van die WP unie wat Hoërskool games blaas tydens toernooie. Eenvoudig blatant skelm. Dit veroorsaak mos nou onnodige spanning vir toeskouers en spelers. Mooi houtjie gewees. Swd refs weer by oakdale somme nog lekke onder die prop tydens games. Ai ai

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.