Wêreld se grootste radioteleskoop geopen

Die Five-hundred-meter Aperture Spherical Telescope (FAST) in Pingtang, Guizhou in China (24 September 2016) Liu Xu/Xinhua via AP)

Die Five-hundred-meter Aperture Spherical Telescope (FAST) in Pingtang, Guizhou in China (24 September 2016) Liu Xu/Xinhua via AP)

Honderde astronome en entoesiaste het Sondag die opening van die FAST-teleskoop bygewoon.

Die amptelike Xinhua-nuusagentskap berig dié projek, tesame met China se lansering van sy tweede ruimtestasie, is ʼn bewys van die land se verhoogde ambisie en strewe na internasionale wetenskaplike aansien.

Volgens navorsers sal FAST na gravitasiegolwe soek en radio-uitlatings deur sterre en galaksies waarneem. FAST sal ook luister vir tekens van intelligente lewe in die buitenste ruim.

Die teleskoop is 500 m in diameter en geleë in die Guizhou-provinsie. Dit het meer as vyf jaar lank geneem om dit te bou en ongeveer $180 miljoen gekos om op te rig. Die teleskoop is groter as die 300 m Arecibo-sterrewag in Puerto Rico.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Cherokee ·

Pheeeewww!!! ….. ½ kilometer in deursnee!~ Die Neptuners, Venussïers en Jupiteriane gaan fotos daarvan neem op hul planete en dink dit is ‘n masiewe vlieënde piering.

Cherokee ·

Interessante kommentaar wat jy lewer, Sarel Sover ek weet is diameter ook opgeneem in die Afrikaanse grammatika. Debatteerbaar of dit ‘n anglisisme is maar dit is wel Afrikaans (ook).

KarooKlong ·

Nee. Daardie is dollers. Nietemin nkandla is nie ver agter nie. Skerp Knapie

Sus ·

Sarel, die woord ‘diameter’ verskyn in die HAT en is dus ‘n erkende Afrikaanse woord.

Ekwilibrium ·

‘Galaksie’ is deesdae ook ‘n erkende Afrkaanse word; voorheen het ‘sterrestelsel’ diens gedoen vir galaksies en soms konstellasies.

Rina Kotze ·

Sterrestelsels is die korrekte Afrikaans.

Galaksies is anglisisme. Direk vertaal.

Wilma Potgieter ·

Knapie. Kyk weer. Dis Amerikaanse Dollar nie Randwaarde. Daarom ni goedkoper as Nkandla. Hahaha

Knapie ·

Nou moet jy n goeie storie met feite kom opvoeter. Ja ek het dit gemerk, die versoeking was net te groot om n klip in die bos te gooi.

n Wyse persoon het op n stadium vir my gesê mens moet die bedrae omskakel na wat n brood in daardie land sal kos. n Minder wyse persoon het n Big Mac burger voorgestel. So Nkandla kos ongeveer 25 miljoen S. A. Brode. (Ek weet nie wat kos n Big Mac nie…) Hoeveel Sjinese brode kos die teleskoop?

Ten minste behoort die Sjinese belangstingbetaler n opbrengs te kry uit sy belegging in wetenskapnavorsing….

Johann Marx ·

Die beste bewys dat daar wel intelligente lewe in die buitenste ruim is, is die feit dat hulle nog nooit probeer het om met aardbewoners kontak te maak nie….

KarooKlong ·

Hahaha Johann, daai piepot gaan maak dat hulle vir ons kan luister.

Ruimtewese ·

Die naaste groep sterre, Alpha Centuari, is 4.37 ligjare weg. Dus neem dit ‘n radiogolf 4.37 jaar om Alpha Centuari te bereik. Die melkweg is 100 000 ligjare in deursnee. Die mensdom saai ongeveer 110 jaar lank radiogolwe uit.

Riaan ·

As daar intelligente lewe is moet hulle net nie hier in Suid Afrika kom land nie hulle gaan rot en kaal besteel word.

ToffieProffie ·

Bibberende Bloublasies! Ag nee man. “Galaksies.”. ??? Sterrestelsel is ‘n baie beter keuse.
Ja, ek weet die woord is in die HAT. Moenie ‘n woordeboek met ‘n stylgids verwar nie.

“Galaksie” klink soos iets waarvoor mens ‘n voorskrif en ‘n buisie salf nodig het. Bennie se galaksies is nou heelwat kleiner nadat hy Dr. Koedoder se 1-2-3 salf begin gebruik het.

Toe Jannie se fiets se vurk gebreek het, het hy sy “galaksie” gesien.

Francois ·

Ek stem volmondig met jou saam ToffieProffie. “Galaksies” is so ‘n anglisisme en sit net nie lekker op die tong nie. Dis soos om ‘n lepel vol kasterolie in te kry. Sterrestelsel is ‘n baie beter beskrywing en ‘n aanvaarde Afrikaanse woord.

Pendoring ·

Hoekom die probleem met anglisismes? Hoekom nie ook ‘n probleem met woorde wat ons netso uit Duits, Frans, Latyn, Spaans, Zoeloe, Xhosa en hordes ander tales uit geleen het nie. Is dit nog ‘n oorblyfsel van die Anglo Boereoorlog se dae af? Ek vra net…

ToffieProffie ·

Dit is maar net persoonlike opinies. Die oorsprong van die woord is nie die eintlike probleem nie. ‘n Geleende woord of uitdrukking op die regte plek maak ‘n aangename verskil. Daar is tale wat ywerig maar opdringerig bydraes sal maak tot jou woordeboek. Miskien moet mens dan maar daar ‘n wakende oog hou, anders word jou taal soos moderne Nederlands: eintlik maar Engels met ‘n Nederlandse aksent, of dalk soos moderne besigheids Engels wat so flou geword het die laaste vyftien jaar, en vele woorde benodig om eenvoudige konsepte te kommunikeer.

Skryfstyl is eintlik waaroor dit gaan. Dit is belangrik om ‘n goeie skryfstyl ontwikkel, veral as jy mense wil lok om jou artikels te lees. Mens kan nog ‘n vervelige onderwerp red van ‘n gewisse dood met ‘n boeiende skryfstyl, maar dit is baie makliker om ‘n boeiende onderwerp te vermink met ‘n klam skryfstyl, veral as mens onder druk is en op ‘n gallop moet skryf.

Al fout met “galaksie” is dat dit nie maklik van die tong afrol nie. Die woord spreek lomp uit en daar is nie ritme in die woord nie. Vergelyk dit met sterrestelsel wat maklik uitspreek en selfs ‘n ritme het. Met sterrestelsel kan jy dans, terwyl galaksie by die trap afgeval het.

Ahooy ·

Reeds n kombuistaal, voorwaar!!!
Luister maar na enige sportster of kunstenaar wat in Afrikaans probeer praat op radio of televisie. Half Afrikaans Half Anglisismes of Engels.
Soos Pendoring wonder ek maar net hoekom maak dit nog saak ??
Dit is nie meer Afrikaans, maar dit is die taal wat ons praat.

ToffieProffie ·

Dit is maar net persoonlike opinies. Die oorsprong van die woord is nie die eintlike probleem nie. ‘n Geleende woord of uitdrukking op die regte plek maak ‘n aangename verskil. Daar is tale wat ywerig maar opdringerig bydraes sal maak tot jou woordeboek. Miskien moet mens dan maar daar ‘n wakende oog hou, anders word jou taal soos moderne Nederlands: eintlik maar Engels met ‘n Nederlandse aksent, of dalk soos moderne besigheids Engels wat so flou geword het die laaste vyftien jaar, en vele woorde benodig om eenvoudige konsepte te kommunikeer.

Skryfstyl is eintlik waaroor dit gaan. Dit is belangrik om ‘n goeie skryfstyl ontwikkel, veral as jy mense wil lok om jou artikels te lees. Mens kan nog ‘n vervelige onderwerp red van ‘n gewisse dood met ‘n boeiende skryfstyl, maar dit is baie makliker om ‘n boeiende onderwerp te vermink met ‘n klam skryfstyl, veral as mens onder druk is en op ‘n gallop moet skryf.

Al fout met “galaksie” is dat dit nie maklik van die tong afrol nie. Die woord spreek lomp uit en daar is nie ritme in die woord nie. Vergelyk dit met sterrestelsel wat maklik uitspreek en selfs ‘n ritme het. Met sterrestelsel kan jy dans, terwyl galaksie by die trap afgeval het.

ME ·

Slim oom het jare terug al opgemerk dat sedert almal selfone met ingeboude kameras het, het niemand nog weer ‘n VVV gesien nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.