wie is maroela media?
Maroela Media is ’n internetkuierplek, trots en onbeskaamd Afrikaans. Maroela hou besoekers in pas met wat in die wêreld gebeur, gee hulle ʼn kykie in wat in die gedagtes en gesprekke van Afrikaanssprekende meningsvormers aangaan, en bied hulle die geleentheid om hul eie stem te laat hoor. Dis ʼn eenstop-kuierplek wat besoekers op hoogte hou van wat in die wêreld van Afrikaans aanʼt gebeur is, van kunstefeeste en teaters tot nuwe Afrikaanse musiek, boeke en films.
As jy Afrikaans is, is Maroela jóú kuierplek.
visie
Om ’n nuwemediakuierplek te skep waar Afrikaanssprekendes kan tuiskom, hul mening kan gee en kan help om Afrikaans te laat gedy

missie
- Om ’n nuwemedia-platform te wees waar Afrikaanssprekendes hul stem kan laat hoor
- Om ’n ruimte te skep waar meningsvormers sinvol oor aktuele sake kan debatteer
- Om nuus te weergee wat relevant is tot Afrikaanssprekendes se leefwêreld, en vir hulle die geleentheid te bied om in sinvolle gesprek daaroor te tree
- Om ’n knooppunt vir Afrikaanse besighede, produkte en inisiatiewe te vorm
- Om Afrikaanse kunste, letterkunde en musiek te bevorder
- Om aansluiting te vind by die werk wat reeds deur Afrikaanse organisasies, inisiatiewe en mediahuise gedoen word
- Om Afrikaans te laat gedy deur die kreatiewe gebruik daarvan te stimuleer
wat maak maroela ánders?
- Maroela is nie eksklusief nie – ons teikenmark is so wyd en kleurryk soos die Afrikaanse gemeenskap daar buite
- Die Solidariteit-handelsmerk gee aan Maroela geloofwaardigheid en gesag
- Maroela bied nie net inligting nie, maar skep vir besoekers die geleentheid om oor enigiets kommentaar te lewer en hul mening te gee
- Maroela bied iets van alles op een plek: van sport- en wêreldnuus tot kunste, politiek en letterkunde.
![]()
’n toekomsblik
Die ruimte vir groei binne Maroela is onbeperk. ʼn Afrikaanse kuberwinkel wat enigiets in Afrikaans verkoop, skakels na Trots Afrikaans-besighede landwyd, die uitgee van e-boeke en gedrukte boeke, aanlynprogramme om Helpende Hand te ondersteun en inisiatiewe as deel van AfriForum se Kom Huis Toe-veldtog is maar enkele van die idees wat in die toekoms sal seker maak dat lede van die Maroela-gemeenskap voortdurend iets nuuts en vars kry wanneer hulle by Maroela kom kuier.
Maroela Media inligtingshandleiding
Laai Maroela Media se Seksie 51-inligtingshandleiding hier af.

Wil jy op Maroela adverteer?
Kontak:
Denise Viljoen
Sel: 082 352 7147
denise@solidariteit.co.za
Adrie van Dyk
Sel: 082 850 6784
adrie@solidariteit.co.za
Borg ‘n afdeling op Maroela
Kontak:
Susan Lombaard
bestuurder: maroela media
Tel: 012 644 4413
susan@maroelamedia.co.za