Allegaartjie 2 – Program 42

Michael Barret se koor, The Chamber Singers, gee ‘n nuwe klank aan ‘n Johannes Brahms meesterstuk, wat hulle op 28 April in die Musaion by UP sal uitvoer. Foto: thechambersingers.com

In vandag se Allegaartjie begin ons met ʼn splinternuwe gespreksreeks oor gesondheid – Marilize Grobbelaar gesels in die eerste aflewering oor die algemeenste oorsake van rugkwale. Susan Hepple bespreek die elektro-chemiese funksionering van die brein in ons praatjies oor breinkrag en ons gesels met Michael Barret, ʼn dirigent, oor koormusiek.