Soorte resepte:

[Boek] 30

30Herman Lensing

Die gewilde koskenner Herman Lensing vier 30 – op allerhande maniere, maar (natuurlik!) het die belangrikste daarvan met kos te doen.

Daar is byvoorbeeld 30-minute-resepte, die 30 dinge wat jy van wyn moet weet, en wenke van sy koskenner vriend oor hoe om jou gebak te laat skitter – en ook 30 goeie gewoontes, dinge wat sy ma hom nooit vertel het nie, maniere om gesond te bly en meer.

Die resepte word verdeel in die afdelings brood, maalvleis, graan, pasta, varkvleis, tuna, skaapvleis en hoender. By elke afdeling is daar ook vier “moetmaak” resepte.
Herman deel sy kennis en wenke gulhartig, en nooi lesers om ’n bietjie uit sy lewe te leer.

“Hoekom het 30 so ’n manier om aan ’n mens te torring? Van die Bybelse tyd al was ’n dertigste verjaardag een van daardie mylpaal-gebeurtenisse. Daar is geglo dit is wanneer ’n mens volwassenheid bereik. Ek stem saam. Want nie net begin verstaan ek nou eers – op 30 – waaroor die lewe gaan nie, maar ek weet ook 30 minute is oorgenoeg tyd om goeie kos te maak.” Herman Lensing

Oor die outeur

Herman Lensing is in 2009 op 22-jarige ouderdom aangestel as Sarie se jongste kosredakteur ooit. Hiermee volg hy in die voetspore van bekendes soos Peter Veldsman. Sy aansteeklike entoesiasme, uitstekende koskennis en begrip vir die alledaagse werklikhede waarmee lesers te doene het, maak vir ’n wenkombinasie. Sy programme op VIA is baie populêr.

Dit is Herman se derde kookboek.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R325.00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.