Soorte resepte:

Boek: Tuistafel

TuistafelErrieda du Toit

Tuistafel is die kookboek waarvoor almal ’n stoel wil nader trek. Tuistafel trek jou in met kosmaak se klein en groot plesiere – of dit ’n eenvoudige onthoukos-gereg of voorbereidings vir ’n feesmaal saam met Errieda se kleurryke kosvriende is.

Tuistafel bevat resepte fyn gestippel met familie- en kindsbeenkos. Dit vertel ook van die rykdom van vriende aan tafel en van kos wat sy arms wyd strek. Haar kombuis is ’n plek waar kos van verlange soos die melkkos vir haar ma gemaklik hande vat met avontuurlike eetplesiere vir kosnuuskierige soos roomystoebroodjies uit Korea.

Haar man Ian se fotografie (en verskeie van sy eie resepte) en illustrasies deur Roelien Booyens, ’n jong en baie talentvolle grafiese kunstenaar wat in Taiwan bly, vorm ’n hegte eenheid saam met die egte kosvertellinge.

Oor die outeur

Errieda du Toit is ‘n bekende in koskringe en is die inhoudsvervaardiger; kos van realiteits-TV programme Kokkedoor en Koekedoor.

Haar vorige boeke sluit in die gewilde Huiskok glanskok, MasterChef en Kokkedoor 1 en 2, asook Koekedoor Bak. Sy skryf gereeld vir ’n reeks drukmedia sowel as aanlyn en het ‘n rubriek in Die Burger se bylaag Versnit.

Uitgewers: Human & Rousseau
Prys: R375.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.