Soorte resepte:

[Resep] Mieliepap-en – cheddarkoekies met doopsous

Mieleipapkoekies

Mieliepap-en – cheddarkoekies met doopsous. Foto: Koskas Kos

Lewer ongeveer 20 koekies

Bestanddele:

Mieliepap

  • 750 ml water
  • 5 ml sout
  • 375 ml mieliemeel
  • 15 ml botter

Koekies

  • 250 ml gaar mieliepap, nie te droog nie en ook nie te klam nie
  • 125 ml koekmeel
  • 250 ml gerasperde Cheddarkaas
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 eiers
  • ‘n knippie rooipeper
  • sout na smaak
  • olie vir braai

Jogurt-en-chakalaka-doopsous

  • 250 ml ongegeurde jogurt
  • 125 ml vars of geblikte chakalaka

Metode:

  1. Om die mieliepap te maak, verhit 500 ml van die water tot kookpunt en voeg die sout by. Meng die oorblywende 250 ml water met die mieliemeel en roer by die kookwater. Verlaag die hitte en prut vir 20 minute. Roer af en toe. Roer die botter deur en sit voor of laat afkoel om die koekies te maak.
  2. Om die koekies te maak, meng die mieliepap, meel, kaas, bakpoeier en eiers saam. Voeg die rooipeper by en geur na smaak.
  3. Verhit die olie en braai teelepelsvol van die mengsel tot ligbruin en deurgaar. Dreineer op kombuispapier.
  4. Berei die doopsous deur die jogurt en chakalaka te meng en dan te verkoel.
  5. Sit die mieliepapkoekies saam met die doopsous voor.

Bron: Koskas Kos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gerhard ·

Hierdie resep klink vir my na net die ding om aan te smul terwyl die Sharks môre met die Stormers afreken.

Suzi van Dyk ·

Mieliepap het nog nooit so lekker gesmaak nie. Dis ‘n wenner !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.