Soorte resepte:

[Resep] Beet-en-wortelsmoothie

Foto: Foto: Kookboek vir Allergieë en Voedselsensitiwiteit

Beet-en-wortelsmoothie. Foto: Foto: Kookboek vir Allergieë en Voedselsensitiwiteit

Ons weet presies wat een van jou voornemens is vir die nuwe jaar. Hierdie resep behoort te help …

Lewer 2 porsies

Bestanddele:

  • 150 g rou beet, afgespoel, dun geskil en in blokkies gesny (± 2 bete)
  • 200 g rou wortels, geskraap en in skyfies gesny (± 2 wortels)
  • 100 g appel, ontkern en met die skil in skyfies gesny (1 appel)
  • ʼn duimlengte vars gemmerwortel, geskil en gekap
  • 250 ml appelsap sonder preserveermiddels, bv. Liqui-Fruit of Ceres
  • koue water

Metode:

  1. Plaas die beet, wortel, appel, gemmer en appelsap in ʼn versapper. Voeg koue water by soos nodig en verpulp tot glad en skuimerig. Gooi die drankie in ʼn glas en drink dadelik.

Bron: SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit
Uitgewer: Tafelberg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SNEL ·

Is hierdie resep nou vir ons wat n gedeelte van ons wil verloor voor 2017 ook op sy rug lê. Ek dink ek moet eerder in my dieët in gly, so skielike ding kan n skok wees vir n ou. Miskien net eers minder lekkers….LW, nie geen, net minder en minder brood, minder “ice coffee’s”, kleiner porsies. Meer water, meer vrugte ….O tyd, ek sal n stokperdjie moet kry om my deur die hel te help. Oefeninge laat mens sweet en stink, so eerder swem en ook nie vir te lank, die son is te warm en mens kry ouvel van te lank in die water. “Sun rays today, raisens tomorrow.” Nee wat, swem is uit. Beste, laat ek sommer dadelik vrede maak met hoe ek lyk, dan is alle probleme uitgeskakel. Is ek gesond? Ja, “so why worry” oor n kleiner lyf, mens kan ook nie n maer kok “trust” nie. Ek dink ek bly nes ek is. Geen vrugte shakes vir my nie, “bring on the ice coffee, double expresso. I am living on the edge now.”

C Simpson ·

In 2007 was ek gediagnoseer met n lewens gevaarlike siekte. Ek kon geen medikasie in neem nie en moes maar net wag vir die einde. Ek was op die langste 3 tot 4 weke gegun om my mense te groet. Ek het op die Internet raad gesoek en n Chinese man (95 jaar oud) het met my begin korrespondeer. Hy het aan my voorgestel on daagliks n smoothie te maak van: klein wortel (nie geskil nie) klein aartappel (nie geskil nie) klein beet (nie geskil nie) appel met al die pitte en skil . Versoet met druiwe (verkieslik die met pitte). Een koppie ongegeurde yoghurt. Neem dit 3 keer n dag met n hele knoffel huisie. Ander vrugte kan bygesit word as die smaak nie na jou sin is nie. Ek was baie siek en het nie eens 30 kgs geweeg nie. Elke 3rde dag het hulle bloed getrek om my wit bloed selle te toets. Volgens die resultate was ek net n lopende lyk. Met God se genade en my muti loop ek vandag vet en gesond rond. Met die Heer se groot genade word ek hierdie jaar 75. As jy na al die anti oksidante en die die voedsel waardes in die mengsel kyk kan dit net werk. Die spesialist het net gese: Recovery unexplained. Ek onthou nog hoe ons almal gelag het oor die Minister Manto se raad oor beet. Sy het iets beet geraak.

SNEL ·

Baie dankie vir die kommentaar, C Simpson. Jy het my sommer weer moed gegee om te begin juice en smoothies maak. Mens moet na mens se gesondheid kyk. Ek het ook al gehoor met kanker is dit goed om n alkhaliese dieët te volg. Mens moet seker nie wag tot mens op die rand van die dood staan nie, mens moet seker daagliks na mens se gesondheid kyk…hoe vroëer hoe beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.