Om die dag met tuisgemaakte beskuit en ‘n beker filterkoffie te begin, is eenvoudig hemels.
Lewer 2 tot 2,5 kg
Bestanddele:
- 500 g (500 ml) margarien of botter
- 300 g (375 ml) sagte bruinsuiker
- 1 kg bruismeel
- 15 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- 100 g (500 ml) semelontbytvlokkies
- 100 g (500 ml) semels
- 120 g (200 ml) sonneblomsaad (opsioneel)
- 75 g (125 ml) pitlose rosyne (opsioneel)
- 2 eiers
- 500 ml karringmelk
Metode:
- Verhit die margarien en suiker 3 minute op 100% krag in die mikrogolfoond. Roer een of twee maal in die tyd deur. Dit moet heeltemal gesmelt wees.
- Meng die bruismeel, bakpoeier en sout in ʼn mengbak.
- Voeg die margarienmengsel, ontbytvlokkies, semels, sonneblomsaad en rosyne by die meelmengsel en meng goed.
- Klits die eiers en die karringmelk saam en voeg by. Roer goed.
- Skep die deeg in die drie 2 liter-roomysbakke wat met kleefwerende kossproei gespuit is.
- Plaas die roomysbak op ʼn omgekeerde piering in die mikrogolfoond.
- Bak vir 14 minute op 100% krag in die mikrogolfoond.
- Keer dit op ʼn afkoelrak uit en laat afkoel.
- Sny dit in lang vingers en droog oornag in ʼn koel oond by 100 ᵒC uit. Laat die oonddeur op ʼn skrefie oop.
- Bêre beskuit in ʼn lugdigte houer.
Bron: Lekker & vinnig
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Eet saam, GKSA
Ek wil graag van julle resepte gebruik maak maar vind geen manier om dit te stoor of te druk vir hergebruik nie. Ek wil nie elke deer aanlyn daarna gaan nie. Help asseblief!
Gaan na die koevertjie links bo die resep en stuur die resep na jou e-pos. en Voila. Jy het die resep. lekker eet
Is daar nie ‘n diabetes-vriendelike variasie van dié resep nie?