Soorte resepte:

[Resep] Bloubessiemuffins

Muffin

Bloubessiemuffins. Foto: Glutenvrye gebak

Gluten is ʼn proteïen wat voorkom in koring, rog, gars en hawermout. Om verskeie redes, onder meer geneties van aard, asook weens ʼn immuunreaksie en leefstylfaktore, word heelwat mense geraak deur glutenverwante siektes.

Aantal porsies: 12 x 80 g

Aanbevole porsiegrootte: 80 g

Bestanddele:

  • 125 ml onversoete appelsous
  • 3 eiers
  • 15 ml vanieljegeursel
  • 15 ml heuning
  • 125 ml kanolaolie
  • 125 ml bruin suiker
  • 125 ml amandelmeel
  • 250 ml kekerertjiemeel
  • 125 ml onverfynde sorghummeel
  • 125 ml tapiokameel
  • 5 ml koeksoda
  • 7,5 ml glutenvrye bakpoeier
  • 5 ml fyn kaneel
  • 1,25 ml xantangom
  • 5 ml sout
  • 375 ml vars bloubessies

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n 12-holte muffinpan met kleefwerende kossproei.
  2. Klits die appelsous, eiers, vanieljegeursel, heuning, olie en bruinsuiker goed saam.
  3. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die bessies, by die eiermengsel en meng goed.
  4. Vou die bessies by die mengsel in en skep in die muffinpan.
  5. Bak 30-35 minute. Laat effens afkoel en keer uit.

Bron: Glutenvrye gebak
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Louise ·

Nou nie dat ek die bakster van die jaar is nie.
Maar hoekom AL die vreemde bestandele, hoekom nie iets bietjie eenvoudig nie.
Teen die tyd wat ek al die bestandele koop is dit nie eers meer die moeite werd om self te bak nie.
Kostes te hoog en dan sit jy met die res wat oorbly wat jy nie weer gebruik nie.
Nee koop eerder, baie goedkoper of miskien voorbereide mengels en maak die.
Jammer maar my sake te diep om in vandag se moeilike tye te mors.

Debbie ·

Ek stem. Weet nie Hoekom hul dit so gekompliseerd moes maak as dit eintlik so maklik is nie, koop n pakkie voorbereide mengsel en gooi bloubessies by… Of choc chips…. Of Watokal jy voor lus is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.