Soorte resepte:

[Resep] Maklike pizza

Foto: Pixabay.com

Maklike pizza. Foto: Pixabay.com

Pizza is ʼn vinnige en heerlike maaltyd wanneer die dag net te besig raak. Die kinders kan ook help om dié gereg voor te berei.

Bestanddele:

Kors

  • 500 ml bruismeel
  • 150 ml kookwater
  • 125 ml kookolie
  • knippie sout

Vulsel

  • 4 middelslag-tamaties, geskil en gekap
  • 1 groot ui, gekap
  • 10 ml tamatiesous
  • 125 g ontbytspek, gesnipper
  • 150 g gerasperde chedderkaas
  • 10 ml Aromat

Metode:

Kors

  1. Plaas die bruismeel, kookwater, kookolie en sout in ʼn plastiekhouer met ʼn seëldeksel.
  2. Skud die houer totdat ʼn sagte deel gevorm word.
  3. Druk die deeg ewe dik in ʼn rolkoekpan.
  4. Bedek dit liggies met ʼn klam doek en hou dit een kant tot benodig.

Vulsel

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Smoor die tamaties en ui tot dik en gaar en laat afkoel.
  3. Smeer die tamatiesous oor die rou kors.
  4. Smeer die gesmoorde tamaties bo-oor.
  5. Plaas die speksnippers bo-op.
  6. Strooi die Aromat oor, en dan die kaas.
  7. Bak die pizza vir 30 minute op die middelste oondrak.
  8. Sit warm voor.

Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Boertjie ·

En niks word genoem van knoffel nie. ‘n Pizza het altyd knoffel nodig. Of is ek verkeerd?

Sonja ·

Nie al die pizzas het knoffel op nie, rib-pizza, seafood, Hawaiian, het nie knoffel op so ver ek weet nie, om net n paar te noem. Mens kan seker vra dat dit op kom, maar almal is nie gaande oor knoffel, mushrooms of pynappel op pizzas nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.