Daar is min dinge so lekker soos koffie en beskuit vroeg in die oggend.
Lewer 48 porsies
Bestanddele:
- 500 g bruismeel
- 500 g muesli (granola-tipe)
- 100 g All-Bran Hi-Fibre
- 100 g (125 ml) sagte bruinsuiker
- 2,5 ml sout
- 15 ml bakpoeier
- 70 g (100 ml) Iynsaad
- 100 ml sonneblom- of makadamianeutolie
- 2 groot eiers, geklits
- 500 g laevet-karringmelk
- 5 ml vanieljegeursel
- 2 medium (200 g) suur appels (Granny Smith of Pink lady)
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Meng die bruismeel, muesli, All-Bran, bruinsuiker, sout, bakpoeier en Iynsaad in ʼn groot mengbak.
- Klits die olie, eiers, karringmelk en vanieljegeursel saam.
- SkiI en rasper die appels en roer dit by die melkmengsel.
- Voeg die melkmengsel by die droë bestanddele en meng dit tot ʼn klewerige deeg.
- Skep dit in ʼn gesmeerde oondpan en bak dit vir 45 minute.
- Laat die beskuit in die pan afkoel en sny dit dan in 48 stukkies.
- Droog dit oornag of vir 8 uur by 80 °C uit.
Vervang die Iynsaad met sesam- of sonneblomsaad of amandels vir ʼn bietjie variasie.
Bron: Lekker en Vinnig – Beskuit
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Min moeite, Hilda Lategan.