Bedien warm saam met botter of selfs nóg kaas!
Maak: 8 porsies
Bestanddele:
- 1 kg klaargemaakte brooddeeg
- 1 pakkie Potato Bake (ʼn geur van jou keuse)
- 375 ml melk
- 250 ml room
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
- 250 g Cheddarkaas, gerasper
Metode:
Verhit oond tot 180ᵒ C en smeer ʼn oondpan.
- Vorm bolletjies met die brooddeeg en hou eenkant.
- Meng die melk, room en fyngekapte knoffel.
- Meng die Potato Bake met die melkmengsel en giet die helfte van die mengsel in die voorbereide oondpan.
- Pak die deegbolletjies in die oondpan en giet die oorblywende melkmengsel oor.
- Strooi die gerasperde kaas oor en laat dit ongeveer 30 minute rus sodat die deeg kan rys.
- Bak vir ongeveer 45 minute tot gaar.
Bron: Kook saam Kaaps
Uitgewer: Lapa
Dit lyk baie ryk and n baie lekker! Dalk nie goed vir die middellyf nie maar beslis vir die siel, veral nou in die winter.
Resep virnet eenkeer in maand.:(