Soorte resepte:

[Resep] Schriftuur-koek van Adeline du Plessis

Foto: Pixabay.com

Foto: Pixabay.com

Die sogenaamde Schriftuur-koek het ʼn resep met al die bestanddele as verwysings uit die Bybel. ʼn Mens moet dus elke bestanddeel in die Bybel gaan opsoek om te weet wat dit is.

ʼn Nederlandse Bybel sal die soektog dalk vergemaklik. Laat weet gerus indien jy die resep kon ontsyfer!

Bestanddele:

  • neem 4 en ʼn half kopje 1 Koningen 4:22
  • 1 kopje Richteren 5:25
  • 2 kopje Jeremia 6:20
  • 2 kopjes 1 Samuel 30:12
  • 2 kopje Nahum 3:12
  • 2 kopje Numeri 17:8
  • 2 eetlepels 1 Samuel 14:26
  • een greepje van Levitikus 23:13
  • half kopje Richteren 4:19
  • 2 eetlepels Amos 4:5
  • kruideren naar de smaak van 2 Kronieke 9:9

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Carol ·

4 k broodmeel / koekmeel
1 k melk/karringmelk
2 k kalmoes ?????????
2 k rosyntjies
2 k vye
2k amandels
2e heuning
een knypie sout
halwe k water/melk
2 e olyfolie
kruie na smaak

kan iemand help met die woord kalmoes??

JW ·

Kalmoes is blykbaar ‘n krui wat vandag net in essensiele olies gebruik word. Het in ander Nederlandse resep gesien hulle gebruik heel gemmer in die plek van kalmoes. Nie seker of 2 koppies gemmer kan reg wees nie..

SNEL ·

Ek dag eers dis klippe op die foto van een of ander geoloog, en kom toe agter dis brood/koek. Dit lyk vreeslik droog, sal beslis n groot beker koffie moet geniet saam met die koek affêre. Het, of gaan een van julle dit probeer, want hoe kom dit? Is dit so droog soos dit lyk?

Ek is eintlik baie lus om die kontrapsie aanmekaar te slaan (volgens Carol se resep met Sonja se kaneel )en te kyk hoe dit kom, maar ek het nou al die week so verkeerd geëet dat my ou lyfie nie nog n terugslag sal kan hanteer nie.

Metode is seker; gooi al die bestandele in n bak en roer dat dit klop. Gooi beslag in vooraf gesmeerde broodpan en bak teen 180′ C. Geniet warm met hope margarien en n soet dingetjie met lekker styfgeklopte room….sodat dit maklik in die keel afgly. Ns, hou n stukkie in n bakkie dat jy dit aan die dokter kan wys indien nodig. Vye, amandels, glad nie n goedkoop broodjie, dis n “payday” reseppie.

RSMIT ·

O genade! SNEL, ek het nou baie lekker vir jou post gelag!!

Cara ·

LTL, Snel!! Ekt nou baie lekker gelag hoor. Jyt my dag gemaak. Ek dink ook nie n koppie kaneel sal so lekker werk nie… Maar wie ookal die resep gaan uittoets, laat weet ons hoe dit was.

Cara ·

Het gaan kyk na 2 Jer 6:20, hul praat meer van ‘sweet cane” of “sugar cane”. So ek neem aan dis 2 koppies suiker in die resep. Die suiker is meer aanvaarbaar, want dit word n koek genoem.

Maggie Visser ·

Het iemand hierdie brood/koek al gebak?
Ek sien in Amos 4:5 word die woorde ongesuurde brood genoem (geen sprake van olyfolie nie).
Daar is geen rysmiddel in die resep nie.
Kan dit dalk 2 Eetlepels gis wees?
Ek glo nie daar was in daardie tyd bakpoeier nie ;) .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.