“Hierdie resep is vir my ʼn wenner omdat ek nie gewoonlik koek kan eet nie. Ek is allergies vir gluten en suiwel. Ek kan my sonder enige reperkussies aan hierdie koek vergryp.” – Tobie Cronjé
Lewer 1 koek
Bestanddele:
Koek
- 3 ekstragroot eiers
- ½ k (125 ml) witsuiker
- ½ k (125 ml) kanola-olie
- ½ k (125 ml) kekerertjiemeel
- ½ k (125 ml) rysmeel
- ⅔ k (166 ml) glutenvrye mielieblom (maizena)
- 1 t (5 ml) koeksoda
- 1 k (250 ml) piesangmoes
- 1 k (250 ml) wortels, grofgerasper
- ½ pakkie (50 g) okkerneute, gekap
- appelkooskonfyt na smaak
Versiersel
- 3 e + 1 t (50 ml) klapperolie
- ½ k (125 ml) versiersuiker
- 1 e (15 ml) sojamelkpoeier
- bietjie pistasieneute, grofgekap
Metode:
Stel die oond op 180 ˚C.
Koek
- Smeer twee ronde koekpanne van 20 cm in deursnee met klapperolie. Klapperolie sorg dat die koek bros aan die buitekant is.
- Klits eiers en suiker saam tot liggeel. Roer olie by. (Jy kan minder suiker gebruik indien verkies.)
- Sif kekerertjiemeel, rysmeel, glutenvrye mielieblom en koeksoda saam.
- Roer gesifte meelmengsel by eiermengsel.
- Roer piesangmoes, wortels en okkerneute by beslag.
- Skep beslag in koekpanne en bak vir 25 minute of tot gaar.
- Keer koeke op afkoelrakke uit tot heeltemal afgekoel.
- Smeer appelkooskonfyt tussen koeklae soos verkies.
Versiersel
- Meng klapperolie, versiersuiker en sojamelkpoeier tot dikkerige maar lopende versiersel en smeer oor koek. As ʼn dikker versiersel verkies word, kan nog versiersuiker bygevoeg word.
- Sprinkel pistasieneute oor vir afronding.
Bron: Sterkos: Kook saam met die sterre
Uitgewer: Lapa
Wat is kekertjiemeel?
Chick Peas Flour en jy ka dit by DisChem koop. Rysmeel kan jy gewoonlik in die Indierkruiewinkels koop
Puik blad
Mens kan rysmeel ook by Dischem koop.
Nou presies wie is Tobie Cronje’ nou?