Bestanddele
30 ml botter
100 g (125 ml) suiker
2 eiers
15 ml appelkooskonfyt
15 ml suurlemoensap of asyn
5 ml koeksoda
250 ml melk
120 g (250 ml) koekmeelblom
2,5 ml sout
Sous
115 g (125 ml) botter
250 ml melk
200 g (250 ml) suiker
5 ml vanieljegeursel
125 ml room
Metode
1. Meng die botter en suiker en klits die eiers en konfyt daarby.
2. Voeg die suurlemoensap of asyn by. (Dit maak nie saak as dit skif nie.)
3. Los die koeksoda in die melk op.
4. Sif die koekmeelblom en sout saam.
5. Voeg die meelmengsel en melk beurtelings by die eiermengsel.
6. Skep die beslag in ’n gesmeerde oondskottel en bak vir 25 tot 30 minute of tot gaar by 180 °C (350 °F).
7. Berei intussen die sous. Verhit die botter, melk, suiker en vanieljegeursel tot kookpunt en prut vir 5 minute. Hou warm.
8. Voeg die room by en giet die sous oor die poeding sodra dit uit die oond kom.
Resep uit Boerekos
Uitgewer: Lapa
Prys: R195-00*
*Prys onderhewig aan verandering