Boontjies soos wat jou ouma dit gemaak het…
Lewer 4-6 porsies
Bestanddele:
- 500 g groenboontjies, gekerf
- 1 groot aartappel, in skywe gesny
- 1 groot ui, gesnipper
- ± 200 g skaaprib
- sout en varsgemaalde swartpeper
- botter en gerasperde neutmuskaat (opsioneel)
Metode:
- Plaas die gekerfde bone, skywe aartappel, ui en vleis in ʼn kastrol met ʼn klein bietjie kookwater en stowe tot die vleis sag is. Roer deur.
- Geur en bedien met gesmelte botter en gerasperde neutmuskaat (opsioneel).
Variasie:
Geelwortels en kool kan ook so berei word.
Bron: Lekker en Vinnig – Tradisionele kos
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Spys en drank deur Renata Coetzee.