Soorte resepte:

[Resep] Ouma Sarie se sampioen-ontbytbakkie

Sampioen

Ouma Sarie se sampioen-ontbytbakkie. Foto: Proe Pretville

Ouma Sarie sê hierdie ontbyt was voorgesit as die grootmense grênd wou wees.

Lewer 4 porsies

Bestanddele:

  • 4 groot bruin sampioene
  • 8 lang repies spek
  • 4 eiers
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • olyfolie vir braai
  • ¼ k gerasperde cheddarkaas
  • hand vol gekapte pietersielie vir garnering

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180° C.
  2. Verwyder die sampioenstingels versigtig sodat daar nie ‘n gat in die sampioen self is nie. Hou eenkant.
  3. Plaas twee spekrepies oormekaar om ‘n kruis te vorm.
  4. Plaas een sampioen in die middel van die spek-kruis.
  5. Breek ‘n eier versigtig in elk van die sampioenholtes en geur na smaak met sout en peper.
  6. Vou die sampioen en eier met die spekrepies toe en steek met tandestokkies vas.
  7. Smeer ‘n bakplaat liggies en rangskik die sampioene daarop.
  8. Bak dit vir 30 minute of totdat die spek bros en die sampioene gaar is.
  9. Verwyder uit die oond, strooi kaas en pietersielie oor en sit dadelik voor.

Bron: Proe Pretville
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.