Soorte resepte:

Kook saam Kaaps wen ʼn Gourmand!

Foto: Skermskoot uit die video.

Foto: Skermskoot uit die video.

LAPA Uitgewers en die ATKV is baie trots nadat die jurie van die Gourmand World Cookbook Awards pas aangekondig het Kook saam Kaaps, deur Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker van Bonteheuwel, die nasionale wenner is in die kategorie vir beste plaaslike cuisine.

Edouard Cointreau, die president van die jurie en die stigter van die Gourmand World Cookbook Awards, sê in sy aanbeveling dit is ʼn wonderlike boek, wat plaaslike resepte, wat familiegeheime van oumas in die Kaapstad-omgewing is, oproep.

Die eerlike en onopgesmukte kos, uit Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker se kombuise in Bonteheuwel op die Kaapse Vlakte, het Suid-Afrikaners geheel en al betower. Die twee afgetrede tannies se onfeilbare resepte het daarvoor gesorg dat Kook saam Kaaps topverkoperstatus bereik het, met 10 000 eksemplare wat binne 12 maande verkoop is.

Die boek is nou reeds 38 weke lank op die Nielsen-topverkoperlys vir nie-fiksie.

Koelsoem en Flori het ook hul eie kookreeks op televisie aangebied. Flori en Koelsoem se kosse is vir dertien weke elke Woensdagaand om 18:00 op VIA (kanaal 147) uitgesaai.

Tannies Koelsoem en Flori het verlede jaar by Maroela Media gekuier en het tydens die onderhoud gesê die resepteboek bring net seën en dat hulle tevrede is met hul lewens en die bekendheid wat hulle verwerf het, hulle nie gaan verander nie.

“Ek wil nie hê die boek moet my grootkop maak nie – Ek wil net nederig bly,” sê Flori.

Volgens LAPA Uitewers is Tannie Koelsoem en Tannie Flori se tweede kookboek goed aan die gang. Dit verskyn in Februarie.

In Soettand deel hulle poedings en soetgebak wat dekades lank al familiegunstelinge is, soos Ouma Rose se doekpoeding, ʼn onderstebo-tert, potpoeding, Maleise koesisters, bobaas-bollas, Yuwin se waatlemoenysies, gemmerpoeding, broodpoeding met ʼn verskil, Hertzoggies en die berugte tweegevrietjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

chris.l ·

jis ek laak daai platimin tannie kwaaaaaai sal met haar sal n kossie en n hannepoortjie
somer voortoe smaak lyk of dit n grap tannie kan wees en moenie vir sussie weg gooi nie
lyk net so bekkig BAIE BAIE GELUG MAG JULLE VIR LANK NOG VIR ONS GESPAAR WORD
laat my so verlang na my moeder wat vandag 93 sou wees

Estelle Coetzee ·

Tannie florrie en Tannie koelsoem is tops, Mens raak sommer lus vir hulle kos net van hulle vriendelikheid en sê goed, en omdat hulle lief is vir kos maak. Veral hulle Kerries

E.K. ·

Ek wens die twee unieke mense wil so week lank vir my kom kosmaak – poedings en al! Dit sal die lekkerste lekker wees!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.