Soorte resepte:

[Resep] Bar-One-blokkies

Foto: Lekker en Vinnig

Bar-One-blokkies. Foto: Lekker en Vinnig

Ietsie lekkers vir die week wat voorlê. ʼn Mens kort soms ʼn bietjie ekstra energie …

Lewer 48 porsies

Bestanddele:

  • 300 g (5 stafies) Bar-One-stafies
  • 60 ml gouestroop
  • 200 g botter
  • 6 x 250 ml Rice Krispies
  • 300 g melk- of witsjokolade

Metode:

  1. Smelt die Bar-One-stafies, stroop en botter saam oor lae hitte in ʼn groot kastrol. Roer tot glad en verwyder van hitte.
  2. Roer die Rice Krispies by en druk die mengsel in ʼn reghoekige bakplaat vas. Plaas in die yskas om te stol.
  3. Smelt die sjokolade in die mikrogolf teen 70% krag. Roer tot glad en skep bo-oor die Rice Krispies. Plaas terug in die yskas.
  4. Sny in blokkies.

Bron: Lekker en Vinnig – Lekkers
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Vinnig en Maklik Resepte uit Vrouekeur 3, Marlo Carstens

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.