Soorte resepte:

Resep: Jogurt-ysies

Lente is in die lug en daarom deel ons ʼn heerlike en verfrissende resep, perfek vir die warm weer.

Foto: Lekker en Vinnig

Jogurt-ysies. (Foto: Lekker en Vinnig/Lapa Uitgewers)

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

  • 6 x 100 g-bakkies jogurt, enige geur
  • 6 roomysstokkies

Metode:

  1. Maak ‘n klein snytjie in die middel van elke jogurtbakkie se dekseltjie.
  2. Druk ‘n roomysstokkie in elke snytjie en vries die bakkies tot hard. Dit neem omtrent 3 ure.
  3. Trek die dekseltjies versigtig van die bakkies af en druk die bakkies aan die onderkant om die jogurtysies uit te haal.
  4. Vars of ingemaakte vrugtestukkies kan by die jogurt geroer word voordat dit gevries word. Sny ‘n paar vierkante aluminiumfoelie uit om die bakkies toe te maak en druk die roomysstokkies daardeur voordat dit gevries word.

Bron: Lekker en Vinnig – Lekkers
Uitgewer: Lapa

Resep oorspronklik gepubliseer in Nie vir Ma’s nie, Karin Behm-Joubert en Daleen van der Linde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Denise ·

Dit lyk lekker gan beslis my kleindogter daarmee bederf baie lief vir roomys noem dit Yummy !!!!!!!

Moegviraldiebeloftes ·

Ek ook – dieie kleinkind en ek is baie lief vir jogurt. Ons tweetjies is ook baie lief vir gevriesde vrugtesap sakkies in ‘n laaaannnng glas. Ek koop vir ons die sakkies vrugtesap (250ml) en vries dit – ontdooi vir 35 sek (of tot die ys “sag” is) haal uit en gooi in ‘n glas en eet met ‘n lepel.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Heerlik! Heerlik! Heerlik! Gee my nog, vrou!

Eend Bessinger ·

Ek is natuurlik mal oor jogurt net soos dit is of oor vrugteslaai of kerriekos, maar ek sal die resep nog eendag probeer…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.