Soorte resepte:

’n Fees van wyn en kaas by Agri-Expo SA Kaasfees

Die Suid-Afrikaanse Kaasfees van 2015. Foto: www.cheesefestival.co.za

Die Suid-Afrikaanse Kaasfees van 2015. Foto: www.cheesefestival.co.za

Drostdy-Hof se topwyne, kaas, vermaak en kookdemonstrasies by vanjaar se Agri-Expo Suid-Afrikaanse Kaasfees beloof om hart en siel gelukkig te hou. Wynliefhebbers kan nou hul kaartjies aanskaf vir dié fees wat plaasvind op Sandringham buite Stellenbosch.

Dié fees word vanjaar vir die 15de keer aangebied en vind daagliks plaas vanaf 30 April (Saterdag) tot 2 Mei (Maandag) tussen 10:00 en 18:00.

Drostdy-Hof se leefstylterrein gaan feesgangers se dors weer geles hou met ’n wynkroeg wat al die wyne in hierdie gewilde en gesogte handelsmerk-reeks sal aanbied. Besoekers kan ook hier ontspan met ’n glasie in die hand.

Benewens wyn per glas of bottel, sal gaste daagliks tussen 12:00 en 15:00 kan knibbel aan allerhande soorte kase. Feesgangers staan daagliks die kans om ’n Drostdy-Hof-geskenkpak te wen deur ’n inskrywingsvorm in te vul.

Kaartjies kos R150 elk en is beskikbaar by Computicket. Senior burgers betaal R100 per kaartjie, en kinders onder 13 kry gratis toegang. Geen kaartjies word by die hek verkoop nie.

Vir meer inligting, bel Agri-Expo by 021 975 4440, of besoek die SA Kaasfees se webwerf. Besoek gerus ook Drostdy-Hof se webwerf.

Foto’s van laasjaar se Kaasfees:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.