Soorte resepte:

[Resep] Appel-en-bloubessie-krummelpoeding

Appel-en-bloubessie-krummeltert. Foto: Gunsteling poedings

Appel-en-bloubessie-krummeltert. Foto: Gunsteling poedings

Hierdie heerlike poeding is die perfekte trooskos om die hele gesin warm te maak hierdie winter.

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

  • 6 Granny Smith-appels, geskil, ontkern en in skyfies gesny
  • 125 g bloubessies
  • 2 e (30 ml) witsuiker
  • ¾ k (160 g) bruinsuiker
  • ½ k (70 g) koekmeel
  • ½ k (60 g) hawermout
  • 1 t (5 ml) fyn kaneel
  • ⅓ k (85 g) Clover Mooi River-botter, in blokkies gesny
  • ¼ k (15 g) vars witbroodkrummels

Metode:

Voorverhit die oond tot 180 ᵒC en smeer ʼn oondvaste 23 cm-tertbak.

  1. Rangskik die appelskyfies en bloubessies op die bodem van die tertbak en strooi die witsuiker oor.
  2. Meng die bruinsuiker, meel, hawermout en kaneel in ʼn mengbak.
  3. Vryf die botter met die vingerpunte by die meelmengsel tot dit soos growwe broodkrummels lyk.
  4. Roer die broodkrummels deur en strooi die mengsel oor die appels en bloubessies.
  5. Bak vir 25 tot 30 minute of tot die appels sag en die bolaag bros is.
  6. Sit met geklitste room voor.

Bron: Gunsteling Poedings
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.