Helene Burger van Durbanville sê dié resep is heerlik en benodig nie eens eiers, melk of botter/margarien nie.
Bestanddele:
- 3 k koekmeel
- 1 t koeksoda
- 4 t bakpoeier
- 1½ k suiker
- ⅓ k (78,88 ml) kakao
- ½ t sout
- 1 k kookolie
- 50 ml asyn
- 2 k kookwater
- 2 t vanieljegeursel
Metode:
- Sif koekmeel, koeksoda, bakpoeier, suiker, kakao en sout in ʼn mengbak.
- Meng kookolie, asyn, kookwater en vanieljegeursel saam en klop dit geleidelik by meelmengsel in met ʼn vurk.
- Gooi in gesmeerde en meelbestrooide oondpan.
- Bak vir 20 minute by 180 °C.
Wenk:
Laat afkoel in pan. Moenie uit pan gooi nie, maar versier in pan met karamel-en-sjokoladeversiersel. Sny in blokke en bedien.
Geen eiers! Die welbekende bierbokskoek wat ek later in my slaap sou kon bak het 8 eiers gevra! Baie dankie hiervoor…baie ekonomiese resep.
Ken hierdie resep baie goed.
Het dit gesien in ‘n kookboek jare gelede en bak dit heel dikwels.
Kan iemand my asb se of dit wit of bruin asyn is. Dankie