Soorte resepte:

[Resep] Rooibos-wortelkoek

Foto: Maroela Media

Rooibos-wortelkoek. Foto: Maroela Media

Lani Snyman, uitvoerende beampte verantwoordelik vir kliëntediens by Ciro, het dié heerlike resep ontwikkel.

Bestanddele:

  • 500 ml meel
  • 10 ml bakpoeier
  • 5 ml koeksoda
  • 2,5 ml sout
  • 5 ml kaneel
  • 5 ml fyn neutmuskaat
  • 2,5 ml piment (allspice)
  • 4 groot eiers
  • 500 ml strooisuiker
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 1,25 k olie
  • 2 k gerasperde wortel
  • 1 k rosyne (week in rooibostee oornag)
  • 1 blikkie gemaalde pynappel, gedreineer
  • 1 k okkerneute, grofgemaal

Metode:

  1. Skakel die oond aan by 180 °C.
  2. Meng die meel, bakpoeier, koeksoda, sout, kaneel, neutmuskaat en piment (allspice). Hou eenkant.
  3. Meng die eiers tot liggeel in ʼn elektriese menger, terwyl jy die suiker stadig byvoeg tot goed gemeng. Voeg die vanielje by en meng weer.
  4. Stel die menger op stadige spoed en voeg die olie by. Meng goed.
  5. Voeg die meelmengsel by.
  6. Vou die wortels, rosyne, pynappel en okkerneute by die mengsel in.
  7. Skep in koekpanne en bak 40–50 minute.

Roomkaas

Bestanddele:

  • 250 ml roomkaas
  • 6 e botter
  • 2,5 ml vanieljegeursel
  • 3 k versiersuiker

Metode:

  1. Gebruik pynappelsap en kook dit met ʼn rooibos-teesakkie. Koel af. Gebruik 5 ml van dié mengsel vir die roomkaas. Meng al die bestanddele tot romerig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lilli ·

Ek het klas gekry by Lani (kan al regtig 10 jaar terug wees!!!??) So hierdie resep MOET lekker wees ;)

Hanlie Roets ·

Waar kry mens piment (allspice) te koop? Ek bly in Pretoria en het al by elke moontlike plek gesoek, maar piment word nie meer in winkels te koop aangebied nie. Dit is ook ‘n bestanddeel in sommige wildsresepte, so ek sal baie graag wil weet waar om dit in die hande te kry.

M A ·

Baie, baie lekker. Ek het dit in n ringpan in die mikrogolf gebak. 11 minute op hoog. Dit help om die eiers en suiker baie goed te klits en die olie stadig in te voeg. Ek kon nie roomkaas kry nie, toe gebruik ek mascarpone (sonder die botter). Dit is n treffer. Hanlie, ek het “mixed spice” gebruik.

Lani Snyman ·

Hi Lilli! So goed om van jou te hoor! Ek kry ook nie meer allspice maar het dit die laaste paar keer met mixed spice gedoen en werk net so lekker!

Landi Slatter ·

Dagsê Karin,

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan stoor, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.

Maak gerus óf ʼn skermskoot óf klik regs bo op jou webblaaier (“browser”) op die knoppie wat soos drie horisontale lyntjies lyk (op Chrome en Firefox) of ʼn sirkelvormige ratjie (Internet Explorer). Dit maak verdere opsies oop en daar kan jy dan die dokument in ʼn .pdf-formaat stoor.

Ek hoop jy kuier nog sommer baie lekker verder op Maroela!
Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.