Soorte resepte:

Resep: Rooibostee-sjokoladesponskoek

Foto: Lekker en vinnig

Rooibostee-sjokoladesponskoek. Foto: Lekker en vinnig

Karamelkondensmelk kan ook as bolaag gebruik word. Strooi gerasperde pepermentsjokolade bo-oor.

Bestanddele:

Koek

  • 50 g (125 ml) kakao
  • 50 ml olie
  • 300 g (375 ml) suiker
  • 375 ml sterk warm rooibostee
  • 3 ekstragroot eiers
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 3 ml sout

Bolaag

  • 260 g (500 ml) versiersuiker, gesif
  • 125 g (125 ml) sagte margarien of botter
  • 50 g (125 ml) kakao
  • bietjie warm rooibostee om dit mee te meng

Metode vir die koek:

  1. Voorverhit oond tot 180 °
  2. Voer 2 ronde koekpanne (22 x 7 cm) met gesmeerde waspapier uit. Moenie die kante smeer of spuit nie.
  3. Meng die kakao, olie, 100 g (125 ml) van die suiker en 125 ml van die rooibostee saam in ’n aparte bakkie.
  4. Klits die res van die suiker, die eiers en die geursel saam tot baie lig en romerig.
  5. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
  6. Voeg die kakaomengsel by die eiermengsel en klits weer baie goed.
  7. Vou die koekmeel en die oorblywende rooibostee beurtelings by die mengsel tot goed gemeng. Moet dit nie klits nie.
  8. Skep die beslag in die panne en bak ongeveer 30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
  9. Laat dit effens afkoel wanneer gaar, sny die kante liggies los en keer dit op ’n afkoelrak uit.
  10. Verwyder die bakpapier.

Metode vir die bolaag:

  1.  Klits die bolaagbestanddele saam tot baie lig en romerig en smeer dit tussen die lae en bo-op die koek.

Bron: Lekker & Vinnig
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Eet saam, Samestelling

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

ronelle kriel ·

i would have like to print this recipe out to make it at home but no matter what i do i can not print it???????????

Sune van Heerden ·

Dagsê Ronelle

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.

Maak gerus óf ʼn skermskoot óf klik regs bo op jou webblaaier (“browser”) op die knoppie wat soos drie horisontale lyntjies lyk (op Chrome en Firefox) of ʼn sirkelvormige ratjie (Internet Explorer). Dit maak verdere opsies oop en daar kan jy dan klik “print”. As jy nie ʼn drukker het nie, kan jy die dokument dalk in ʼn .pdf-formaat (elektronies) druk – dan kan jy makliker daarmee werk.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Elfie ·

Of sy kan die berig e-pos na haar, of iemand wat sy ken se e-pos adres, en van daar oopmaak en uitdruk. Anders, die outydse manier van neerskryf werk net so goed! ; D

Freud ·

Maklik, gaan google net die rooibostee sjokolade koek en kry die resep daar.

Marie van Eck ·

Ek wilgraag ‘n boek by Leserskring bestel. Hoe kan ek dit doen ek sien geen eposadres nie.

Landi Slatter ·

Dagsê Marie,

Dankie vir jou navraag. Jy kan gerus op die skakel na LAPA Uitgewers onderaan die resep klik om die boek te bestel.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.