Soorte resepte:

[Resep] Sjokolade-pekanneuttert

sjokoladepekanneuttert

Sjokolade-pekanneuttert. Foto: Trooskos

So ietsie soets vir die naweek is mos nie te versmaai nie…

Genoeg vir 8 tot 10

Bestanddele:

Kors

  • 1 k (140 g) koekmeel
  • 1 e (15 ml) strooisuiker
  • ¼ t  (1 ml) sout
  • 100 g koue Clover Mooi River-botter, in blokkies gesny
  • 1 eiergeel
  • 1 e (15 ml) koue water

Vulsel

  • 1 ½  k (275 g) pekanneute, grofgekap
  • ¾ k (150 g) sagte bruinsuiker
  • ½ k (125 g) gouestroop
  • ¼ k (60 g) Clover Mooi River-botter
  • 2 e (30 ml) kakaopoeier
  • 1 t (5 ml) vanieljegeursel
  • ¼ t (1 ml) sout
  • 3 eiers, geklits
  • 1 e (15 ml) koekmeel
  • 75 g donkersjokolade, gesmelt

Maak die kors

  1. Meng die meel, strooisuiker en sout in ʼn mengbak. Vryf die botter met die vingerpunte in totdat dit soos broodkrummels lyk. Voeg die eiergeel en water by en meng tot ʼn sagte deeg. Moet dit nie te veel hanteer nie.
  2. Draai die deeg in kleefplastiek toe en verkoel vir 30 minute. Rol die deeg uit en voer ʼn 26 cm losboomtertpan daarmee uit.
  3. Voorverhit die oond tot 200 °C en bak die kors blind vir 8 tot 10 minute. Verwyder uit die oond en haal die bakpapier en gewiggies uit.

Maak die vulsel

  1. Verlaag die oondtemperatuur tot 170 °C.
  2. Strooi die neute oor die gebakte kors en hou eenkant.
  3. Verhit die suiker, stroop, botter, kakao, vanieljegeursel en sout in ʼn kastrol tot kookpunt. Kook vir 1 minuut en roer aanhoudend. Verwyder van die hitte en laat afkoel.
  4. Meng die afgekoelde stroop met die eiers en sif die meel daarby in. Roer deur. Giet die mengsel oor die neute in die kors en bak 35 tot 45 minute totdat die vulsel in die middel gestol het.
  5. Versier die bokant van die tert deur die gesmelte sjokolade in ‘n patroon daaroor te giet.

Bron: Trooskos
Uitgewer: LAPA Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Amber ·

Lekker resep. Vanoggend gebak. Hoef nie Mooirivier se botter te gebruik nie. Kos noual oor die R54 vir 500gr. Gebruik SPAR te botter, net so goed.
Lekker eet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.