Jou kombuis sal ruik soos gemmer, kaneel en naeltjies – soos in die ou dae!
Bestanddele:
- 500 g koekmeel
- 2 ml sout
- 5 ml fyn kaneel
- 5 ml fyn kruienaeltjies
- 5 ml fyn gemmer
- 375 ml bruinsuiker
- 125 g margarien
- 30 ml skaapvet
- 5 ml koeksoda
- 25 ml louwarm water
- 1 eier, geklits
Metode:
- Sif die meel sout en speserye saam voordat jy die suiker byvoeg.
- Vryf die margarien en skaapvet by die meel in tot dit soos fyn broodkrummels Iyk.
- Los die koeksoda in Iouwarm water op en voeg die eier by.
- Vorm ʼn deeg deur die eiermengsel met die meelmengsel te meng en knie deeglik. Laat die deeg oornag rus.
- Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ʼn bakplaat.
- Rol die deeg uit op ʼn meelbestrooide oppervlak tot 5 mm dik.
- Druk sirkels met ʼn glas uit, rangskik op die voorbereide bakplaat en bak vir 10 minute.
- Laat vir 2 minute afkoel voordat jy dit op draadrakkies oorplaas om heeltemal af te koel.
- Bron: ʼn Lewe met kos
- Uitgewer: Lapa
Ai hoe water my mond nou.
Waar kry ek skaapvet te koop.
Varkvet werk ook