Soorte resepte:

Pastapot

Ek het hierdie resep jaar na jaar gebruik toe ek kos-ma was vir die eerstejaarskamp op die PUK en elke jaar was dit ‘n treffer. Die hele gereg is binne 45 minute kant en klaar en is oorgenoeg vir 4 tot 6 mense.

Bestanddele:
500g pasta (skulpies werk lekker vir die resep)
1 blik tamatie puree
1 blokkie hoenderaftreksel opgelos in 125ml kookwater
2 koppies water
250 g spek (in blokkies gesny)
4 Ontbeende hoenderfillette (in blokkies gesny)
1 Ui
2 koppies sampioene (gesny)
250 ml suurroom
Kaas

Metode:

  1. Kook die pasta in die tamatiepuree, water en hoenderaftreksel tot die pasta sag is.
  2. Braai die spek, hoender, ui en sampioene in ‘n pan.
  3. Gooi die gebraaide bestanddele by die pastamengsel, roer dit mooi deur en laat ‘n paar minute prut.
  4. Roer die room 5 minute voor opdiening by en strooi kaas oor.

Variasie: Die hoender in die resep kan ook met prons of selfs biltong vervang word. ‘n Blikkie roommielies kan ook bygevoeg word.

Smaaklike ete!

Ingestuur deur: Moira-Marie Kloppers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anoniem ·

Klink na die perfete kossie vir my, stysel is ba-aan my lys van gunstelinge en dit kan baie lekker oorskiet-toebroodjie-vulsel maak. hmmm…lekker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.